Saturday, 5 March 2016

Onsterflikheid tot in my nageslag is wat ek begeer,
net soos ek my voorgeslag nou vereer.
My gene voortgedra na ‘n ander tyd
onafskeidbaar tot in ewigheid.
Vir ewig sal hul deel van my wees,
in voorkoms, liggaam en gees.

© Johan van Breda
2003


Om dood te gaan is geen kuns nie; die slegste kry dit reg. 
Om te lewe is ‘n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. 
C J Langenhoven

Die tragedie van die lewe is nie dat dit so vinnig oor is nie,
maar dat ons so lank wag voordat ons daarmee begin. 
W M Lewis

Tyd is die geld van jou lewe.
Net jy kan bepaal hoe dit bestee moet word.
Pasop dat ander mense dit nie namens jou bestee nie.
Carl Sandburg

Dum Vivimus Vivamus
Terwyl ons leef, laat ons leef.

Geskiedenis gee lewe aan die herinnering,
dit is die boodskapper van die verlede.
Cicero

Waardeer die gewoontes en gebruike wat van jou voorouers af kom. 
Dis nie die boom wat in een jaar uitgroei waar jy sterk hout kan saag nie.
C J Langenhoven

Ondervinding is ‘n harde leermeester omdat
dit eers die toets gee en dan die les daarna.
Vernon Law

‘n Woord is soos ‘n by, dit het heuning en ‘n angel.
Talmud

Die verskil tussen die regte woord en amper die regte woord
is soos die verskil tussen weerlig en ‘n vuurvliegie.
Mark Twain

Die dofste ink is beter as die beste geheue.

Chinese spreekwoord

Wednesday, 2 March 2016

Exordium of the
Last Will and Testament
of
Simon van der Stel
MOOC 7/1/2 – 55
dated

1 March 1712


Inleiding van die
 Testament van
Simon van der Stel
MOOC 7/1/2 – 55
Gedateer
1 Maart 1712

© Transcription by Johan van Breda
___________________________________________________________

                                                                                                                        55

In den Name Godes Amen,
bij den Inhoude van dit Jegewoordig openbaar in=
strument, zij kennelijk die ‘t behoord dat op
huijden in den Jaare na de Geboorte onses
heeren en Saligmakers Jesu Christi een duijsend
seeven hondert en twaalf op den eersten
dagh der maand maard ‘s middags de Clokken
omtrent een uuren voor mij Daniel Thibault, Se=
cretaris van den E: agtb: raad van Justitie
deeses Gouvernements in presentie van de
naargene: getuijgen, verscheenen is den wel
Ede: Hr: Simon van der Stel oud Raad Extraords:
van India en Gouverneur in Loco, siekelijk van
Lighaame, dogh sijn verstand Sinnen en memo=
rie volkomen magtigh en gebruijkende soo
ons bij ‘t passeeren deeses bleek, te kennen
geevende, hoe bij sijn Eden: was overdagt, de broos
en swakhijt van S’ menschen Leeven op deeser aar=
de, als een Schaduwe vergankelijk, en datter
niet seekerder is dan de dood, en daar en teegen
niets onsekerder dan de tijd en uuren van dien,
dierhalven te raade was geworden alvoorens uijt
dit tranendal te Schijden, van sijn tydelijke goederen

hem van God Almagtig uijt genaden mildelijk
verleend, uijtterlijk bevoolen en gedisponeert
te hebben, ‘t Zelve doende Soo den Ed: Hr: Compt:
opentlijk verklaarde uijt een vrije en onbedwonge
gemoed, sonder Inductie, persuasie ofte mislijdin=
ge van iemand ter weereld, Eerst en alvoorens
bevelende zijn onsterfelijke Siele, na dat die
uijt het Sterffelijke lighaam sal verhuijst
weesen, in de Genadigen barmhertige handen Gods,
zijnen Schepper en hemelsche Vader, en het doode
Lighaam den Schoot der aarde met eenen Eerlijke
begravinge;   




Tuesday, 1 March 2016

He that wishes to be counted among the benefactors of posterity, must add by his own toil to the acquisitions of his ancestors.

Samuel Johnson: Rambler #154 (September 7, 1751)

Onsterflikheid tot in jou nageslag word deur jou eie toedoen as voorvader verwerf.

© In Afrikaans vertaal deur Johan van Breda

Monday, 29 February 2016

DIE GATKANT VAN AFRIKAANS

Afrikaans is seker een van die min tale waarin die woord “gat” in so baie verskillende vorme gebruik word. Selfs onlangse Afrikaanse films het “Gatvol”, “Bakgat” en “Vaatjie sien sy gat” as titels gehad. Nederlanders begryp ook nie altyd ons "gat"-woorde nie want dié woorde is so eie aan Afrikaans. Sommige mense sal sê dat van hierdie woorde vulgêr klink en nie in goeie geselskap gebruik kan word nie, maar ons gebruik hulle almal, en nie baie spaarsamig nie. Baie van hierdie woorde is onvertaalbaar en om sinonieme daarvoor te vind is ook nie altyd so maklik nie. Hoe meer eiesoortig 'n woord in sy betekenis is, hoe moeiliker is dit om te omskryf. Mens verduidelik gewoonlik 'n woord by wyse van iets soortgelyks, en dis net daar waar jy vasval. Soms is dit selfs moeilik om 'n Engelse ekwivalent te vind – jy kry dit net nie so gesê in 'n ander taal nie. Hoe weet ons dan self wat dié woorde beteken? Skynbaar leer ons dit aan bloot deur die herhaaldelike aanhoor en gebruik daarvan in verskillende kontekste of situasies. 'n Ander manier om 'n woord se betekenis te verduidelik, is deur dit in 'n sin te gebruik. En tog werk dit nie met hierdie klompie woorde nie. 

As iemand byvoorbeeld sou sê "Koos se partytjie was maar ingat", kan dit een van baie dinge beteken, maar jy kry nietemin die idee dat jy niks gemis het nie. As jy sê "die tuin lyk maar ingat", kan dit weer heel iets anders beteken soos dat die tuin te droog is of swak beplan is ens. Die woord “ougat” beteken volgens die HAT oulik of ouderwets. Maar vir die Afrikaner is daar tog effe van ‘n betekenisverskil. Kom ons sê “Alle oulike babas is nie ougat nie”. Ougat word darem altyd in ‘n positiewe betekenis gebruik alhoewel die woord met die eerste oogopslag nie so voorkom nie.

'n Ander voorbeeld is "bakgat" - ewe onvertaalbaar, en ewe wyd in sy betekenis. So ook is "ingat" amper nog moeiliker om uit te lê; en tog weet ons presies wat die ander een bedoel as iets op die manier beskryf word. En wat van "gomgat", wat boonop as "gomgatterig" vervorm kan word? "Blinkgat" is baie soos "windgat", maar tog nie sinoniem nie. Mens kan "windgat" wees sonder dat jy "blinkgat" is. Terselfdertyd kan "ingat" maklik as die teenoorgestelde van "bakgat", "windgat" en "blinkgat" gebruik word. "Ingat" is dus 'n woord met vele gebruikstoepassings, waar jy slegs uit die konteks onmiddellik kan aflei wat die spreker bedoel. "Slapgat" is miskien 'n bietjie meer spesifiek in sy betekenis, en tog kan dit dui op 'n mens of 'n houding wat as "lui", "nalatig", "onentoesiasties" of 'n menigte ander dinge bestempel kan word. Nietemin weet ons presies wanneer "slapgat" die mees gepaste woord is, en binne watter tipe taalregister mens dit kan gebruik. Binne 'n formele konteks sal hierdie "gatterige" woorde nie deug nie; en sou jy dit wel daar gebruik, is dit 'n aanduiding dat jy nou gatvol is van die slapgatgeit. 

Verder staan "gat" dikwels op sy eie, soos in "Jan het sy gat gesien", of "Piet het sy naam gat gemaak". Mens kan selfs "gat" of "gatterig" voel maar dit beteken telkens iets anders. 

gat, noun, (1) hole
gat, noun, (2) arse, bottom, backside

The Afrikaans word “gat” is used in so many forms. Even  recently released Afrikaans films were titled “Gatvol”, “Bakgat” and “Vaatjie sien sy gat”. Some will say many of these words are vulgar but we all use them. Many of these words are not translatable and to find synonyms is not always easy. These words have distinctive meanings and are difficult to define.

bakgat! = well done! or good 
blinkgat = braggart
dronkgat = drunkard
gomgat = lout, bumpkin, uncouth person
hardegat = cocky, impudent, arrogant, hard-nosed
ingat = no-good, wretched, feeble or stingy
keelgat = gullet
maergat = skinny person
ougat = cute
slapgat = lazy, negligent, neverminded person
suipgat = drunkard
vetgat = fatty, fat-guts
vuilgat = dirty fellow
windgat = braggart

gat voel = not feeling well
gat wip = take offence unreasonably
gatterig wees = not feeling well
gatkant = back
gatkruiper = lickspittle
gatlekker = lickspittle
gatskuur = a person who likes to drive around a lot
gatvol = fed up, have had it
‘n Gat in die dag slaap. = sleep late into the day
‘n Gat in die lug. = an air pocket
‘n Gat inslaan. = stave
‘n Gat toestop. = settle an account
‘n Gat vir iemand grawe en self daarin val. = fall into a trap one has set for another
‘n Gat vul. = stop a gap
‘n Hak aan jou gat sit. = gedurig deure oop los. = close the doors behind you 
Aan my gat karring. = neul. = nag
Daar is ‘n gat in sy beursie. = throw money about, spend up to the hilt
Deur jou gat trek. = verniel. = spoil, illtreat, ruin
Die wêreld het sy gatkant vir hom gewys. = the world turned its back on him
Dit was by die gat af. = it was touch and go
G’n gat in iets sien nie. = see no way out of a difficulty
Gat omgooi. = change one’s mind completely
Gat oor kop. = head over heels
Gat oor kop slaan = turn a somersault
Gat toesteek. = iemand onderkruip. = stab in the back
Gate uit geniet. = have no end to one’s pleasure
Hoog met die gat wees. = swanger = pregnant
Hulle woon in ‘n gat van ‘n plek. = they live in a (wretched) hole (of a place)
Hy hang alles wat hy verdien aan sy gat. = spend all his money on clothing
Hy is sommer ‘n regte gat. = uncouth person
Hy kan sy gat nie roer nie. = very busy or followed by another person
Hy maak ‘n gat van my. = make a fool of me
Hy neem (vat) my vir ‘n gat. = think I am a fool
Hy pluk ‘n lat vir sy eie gat. = he is digging a pit for himself
Iemand ‘n gat in die kop praat. = talk a person into a foolish thing
Iemand in die gate hou. = keep an eye on someone
Iemand onder sy gat skop. = a kick in the pants; get rid of someone; fired
Iemand se gat jeuk. = brand om iets te doen. = fume with impatience
Iemand se gat lek. = iemand soebat, smeek. = toady to someone
In sy gat geknyp wees. = scared (to death)
Jou gat sien. = misluk. = failed, turned out badly
Jou gat uitleen. = te goedhartig wees. = kindhearted, Mr Nice Guy
Jou naam gat maak = ongewild = to make a fool of yourself
Met die Bybel onder die arm en die duiwel in die gat. = skynheilig. = hypocritical
Met jou gat in die botter val. = geluk. = strike a luck
Moenie ‘n gat van jou maak nie. = don’t make a bloody fool, an ass of yourself
Nie ‘n naald (nael) hê om sy gat mee te krap nie. = brandarm. = destitute
Op jou gat kry. = get a hiding
Roer jou gat! = be quick!
Sy broek se gat. = the seat of his pants
Sy gat aan my afsmeer. = nie aan my steur nie. = he did not take any notice of me, he did
            not listen to me
Sy gat is dik. = kwaad. = angry, cross
Tweegatjakkals = huigelaar. = hyprocrite, lead a double life
Van die naald aan die gat. = nuwe klere dadelik aantrek. = wear new clothes immediately


Sunday, 28 February 2016

Nothing withstands the ravages of time

Sonnet 65

Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea,
But sad mortality o'ersways their power,
How with this rage shall beauty hold a plea,
Whose action is no stronger than a flower?
O, how shall summer's honey breath hold out
Against the wrackful siege of batt’ring days,
When rocks impregnable are not so stout,
Nor gates of steel so strong, but Time decays?
O, fearful meditation! Where, alack,
Shall Time's best jewel from Time's chest lie hid?
Or what strong hand can hold his swift foot back?
Or who his spoil of beauty can forbid?
O, none, unless this miracle have might,
That in black ink my love may still shine bright.

William Shakespeare

Niks weerstaan die tand van die tyd nie

Sonnet 65

Geen koper, of klip, of die aarde, of die grenslose see,
Is bestand teen die droewige dood se krag,
Hoe sal skoonheid teen hierdie vernietiging ‘n plan kan smee,
Met ‘n mag skaars groter as ‘n blom se krag?
O, hoe sal die somer se geure kan weerstand bied
Teen die wraaklustige stryd van felle dae, 
As ondeurdringbare rotse nie eens rigied,
En hekke van staal, nie so sterk staan, teen Tyd se aanslae?
O, vreesbevange bepeinsing!  Waar, helaas, nou,
Sal Tyd sy mooiste sieraad in sy boesem versteek?
Of watter kragtige hand kan sy vlugge voet terughou?
Of wie sal sy vernietiging kan verbreek?
Tog, niemand, tensy die wonderwerk oor krag beskik,
Dat in swart ink my woorde steeds helder mag skyn.

In Afrikaans vertaal deur Johan van Breda

Die hardste metale, klip, die aarde, die eindelose see, niks is bestand teen die veroudering, verbrokkeling en vernietiging wat tyd meebring nie. Tyd se werktuie die son, die reën, die wind, die roes, die mot, die wurm – kan jy nie oorwin nie. Jy kan jou denke probeer verewig en uitgraveer in metaal of uitkap in klip maar tyd sal dit vernietig. Shakespeare het blykbaar vergeet dat paper ook maar broos is en dat ink verdof. Helaas, sy woorde het darem gelukkig bewaar gebly. 

Deesdae kan ons rugsteunlêers maak van ons skryfwerk en op hardeskyf, kompakskyf of digitale videodisket bêre tot in ewigheid indien daar nog stelsels sal bestaan wat dit kan lees!


TAALSPESERYE

Mark Twain het gesê:- Die verskil tussen die regte woord en die naasregte woord is soos die verskil tussen weerlig en ‘n vuurvliegie.

Dikwels is die verskil tussen ‘n heerlike dis en ‘n smaaklike dis, net die byvoeging van kruie en speserye. So is dit ook met ‘n taal. Die verskil tussen gewone Afrikaans en keurige Afrikaans is die taalspeserye, (nie kruie nie want dan kry ons miskien gekruide taal), die segswyses, die uitdrukkings, spreekwoorde en die idiome. ‘n Geslag of twee gelede het ons voorouers nog baie spreekwoorde gebruik in hulle alledaagse kommunikasie, ook kru uitdrukkings maar in teenstelling met vandag, nie ter wille van die kruheid nie maar ter wille van die beeldspraak. Baie van die idiome het hul ontstaan in die landelike bedrywighede gehad maar wat veral sterk na vore kom in hul taalgebruik is hul humor. Vandag se kinders gebruik net nie meer ‘n idioomryke taal nie, hul gebruik liewer Engelse woorde en uitdrukkings om iets te beklemtoon of hul beeldspraak te versterk.

Die volgende woorde, uitdrukkings en segswyses is baie jare gelede, dikwels deur my moeder gebruik. 

Aapstuipe. = woedend kwaad. 
Armmansbaadjie. = die son.
Hy het as op sy tone. = sy gulp is oop.
Sy bek hang. = kwaad of teleurgesteld.
Dikbek. = kwaad.
Nie op sy bek geval nie. = gevat.
Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. = vir familie gee ‘n mens meer om as vir ander.
My bloed kook. = woedend.
Jou kop op ‘n blok sit. = seker van ‘n saak.
Dit nie breed hê nie. = behoeftig.
Wie se brood mens eet, dié se woord mens spreek. = afhanklik van iemand.
Jou brood uit jou mond neem. = alles verloor.
Stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond. = stil mense bedink ook onheilighede.
Dag in en dag uit. = aanhoudend.
‘n Dak oor jou kop hê. = ‘n blyplek hê.
Daar dik in sit. = ryk.
Geen draad aan die lyf hê nie. = geen klere.
By die Kaap gaan draai. = omslagtig vertel.
Vir iemand jou voordeur wys. = huis belet.
Nie oor my drumpel kom nie. = onwelkom.
Gee die duiwel wat hom toekom. = billik wees.
Dit steek my dwars in die krop. = hou niks daarvan nie.
Jou ouma vir ‘n eendvoël aansien. = slae kry.
Fonteintjie ek sal nooit weer uit jou drink nie. = moenie dink jy sal iemand se hulp nie weer nodig kry nie.
Ganskos. = groente grof sny.
Sy gat aan my afsmeer. = nie aan my steur nie.
Met jou gat in die botter val. = geluk.
Met die Bybel onder die arm en die duiwel in die gat. = skynheilig.
Sy gat is dik. = kwaad.
n Hak aan jou gat sit. = gedurig deure oop los. 
Sy gat lek. = iemand soebat, smeek.
Van die naald aan die gat. = nuwe klere dadelik aantrek.
Nie ‘n naald (nael) hê om sy gat mee te krap nie. = brandarm.
Jou gat sien. = misluk.
Gat uitleen. = te goedhartig.
Tweegat jakkals. = huigelaar.
Gat jeuk. = brand om iets te doen.
Deur jou gat trek. = verniel.
Aan my gat karring. = neul.
Gat toesteek. = iemand onderkruip.
Gat wip. = opruk.
Geld groei nie op my rug nie. = is nie ryk nie.
Hulle spoeg gif teen mekaar. = haat mekaar.
Ouer as gister. = ervare wees.
Die gort is gaar. = moeilikheid begin.
Witgepleisterde graf. = skynheilig.
Grys voor sy tyd. = vroegryp kind.
Hare uit jou kop trek. = spyt.
So slim soos die houtjie van die galg. = baie slim
Lyk of die honde sy kos afgeneem het. = verleë.
Husse met lang ore. = dit gaan jou nie aan nie.
Katpis. = flou tee.
Jakkals prys sy eie stert. = spog.
Jan Rap en sy maat. = gepeupel.
Jannie se baadjie aan hê. = jaloers.
Jan Sparriewarrie. = Jan spaar die waarheid, lieg
Orige jukskei. = nuttelose persoon.
Kaal uittrek. = hofsaak teen jou wen.
Kaatjie Kekkelbek. = babbelbek.
Kaatjie van die baan. = voorbok.
Kasarm. = groot huis.
Die kat in die donker knyp. = skelm vry.
Dit laat my keel toetrek. = beangs word.
Soos ‘n ketter vloek. = baie erg vloek.
Kontant met die mond. = vrypostig.
Kooi. = bed.
Kop kam. = hare kam.
Voor die kop gooi. = verwyt.
Kop in een mus. = saam knoei.
Voor die kop maar nie in die krop sien nie. = skyn bedrieg.
Vir kwaadgeld rondloop. = kattekwaad doen.
Leviete voorlees. = berispe.
Maaifoerie. = vabond.
Merrie. = vrylustige meisie.
Moerskont. = vabond.
Jou mond uitspoel oor iets. = te veel sê oor iets wat jou nie aangaan nie.
Spaar vir die mond, is goed vir die kat en die hond. = as jy te min eet, gaan die oorskiet kos tog maar vir die diere.
Sy oë is groter as sy maag. = wil meer hê as wat hy kan eet.
Deur ‘n naald trek. = baie netjies.
Deur jou nek betaal. = te veel betaal.
Oopspalk. = wyd oopmaak.
Oorlams. = voor op die wa.
Opskeploer. = ongenooid op etenstyd opdaag.
Ore uitleen. = te veel na ander luister.
Papier is geduldig. = iets lyk beter in druk.
As die perde horings kry. = nooit.
Plas en plooi. = fyn beplan.  Geld afknyp.
Dans na sy pype. = alles doen wat hy beveel.
Siel uittrek. = terg.
Skaapwagtersnye. = dik snye brood.
Snotklap. = harde klap.
Snotkoker. = neus.
Jou soettande uittrek. = nie meer soetgoed kry nie.
Son in die weste, luiaard op sy beste. = lui persoon begin laat werk.
Jou Sondag is langer as jou Maandag. = onderrok hang uit.
In ‘n stal gebore. = deure ooplos.
Nie met ‘n tang aan hom vat nie. = vuil.
Timmerasie. = bouval.
Net vel en been wees. = brandmaer.
Hoër vlieg as wat jou vlerke lank is. = bokant jou vermoë leef.
Badskamer. = badkamer.
Voorhuis. = sitkamer.
Geld in die water gooi. = vermors.
Vir wind en weer rondloop. = kinders wat alleen grootword.

Friday, 26 February 2016

WATTER DAG WAS DIT?
OF WATTER DAG SAL DIT WEES?

Jy kan sonder ‘n kalender bepaal op watter dag van die week ‘n sekere datum geval het of nog sal wees in die toekoms. 

Sedert 1582 bepaal die Gregoriaanse kalender dat elke vierde jaar ‘n skrikkeljaar (366 dae) sal wees, behalwe eeu-jare wat nie deelbaar deur 400 is nie. Dus was 1700, 1800 en 1900 nie skrikkeljare nie, maar 1600 en 2000 was wel skrikkeljare.

1 Januarie 1600 was ‘n Saterdag.
1 Januarie 1700 was ‘n Vrydag.
1 Januarie 1800 was ‘n Woensdag.
1 Januarie 1900 was ‘n Maandag.
1 Januarie 2000 was ‘n Saterdag.

DIE SOM WORD SO GEDOEN
Neem die dag van die maand.
Tel die maand se waarde by volgens die tabel.
Tel by die laaste twee syfers van die jaartal.
Tel ‘n kwart van die jaartal by, sonder inagneming van die res wat oorbly.
Tel die eeu se waarde by volgens die tabel.
Tel alles op en deel deur sewe.
Die syfer wat oorskiet na die deelsom dui die weekdag aan volgens die tabel.

MAANDWAARDES
J          F          M          A         M         J          J          A          S          O         N         D
1          4          4          0          2          5          0          3          6          1          4          6
0          3          =          In         skrikkeljare.

EEUWAARDES
1600    -           1699    =          6
1700    -           1799    =          4
1800    -           1899    =          2
1900    -           1999    =          0
2000    -           2099    =          6

ANTWOORD IS DIE DAG VAN DIE WEEK
S          M         D         W         D         V          S
1          2          3          4          5          6          0

Byvoorbeeld, ons weet almal dat 16 Desember 1838 was op ‘n Sondag. Nou kom ons toets bogenoemde formule.

Neem die dag van die maand                                                16
Tel die maand se waarde by volgens die tabel                        6
Tel by die laaste twee syfers van die jaartal                           38
Tel ‘n kwart van die jaartal by,
sonder inagneming van die res wat oorbly                               9
Tel die eeu se waarde by volgens die tabel                              2
Tel alles op                                                                              71
Deel deur sewe                                                                       10 res 1
Die syfer wat oorskiet na die deelsom, dws 1
dui die weekdag aan volgens die tabel                                     1 = Sondag