Thursday, 28 April 2016

VAN RIEBEECK SE GELOFTE


Met die koms van Jan van Riebeeck in 1652 na die Kaap begin ook ons eie erfenis van ede, gebede en geloftes. In die formuliergebed, wat Van Riebeeck by sy aankoms gebruik het, bid hy reeds tot die “Aller genadigste Vader” dat die Gereformeerde Christelike geloof ook mettertyd onder die heidene mag posvat.

Twee jaar later op Paasmaandag 6 April 1654 onderneem Van Riebeeck dat dié dag voortaan as dank- en biddag tot Gods eer gevier sal word.

Heden voor de tweede mael jarich sijnde dat wij door Godes Hulpe geleyde met de scheepen Drommedarus, Reyger ende Goede Hoope hier ter plaetse behouden sijn aengelandt omme dese fortresse ende colonie nae d’ ordre onser Heeren Meesters op te maecken ende stabileren, ende gemerckt Godt de Heere alle die saecken tot den dach van heden met veele segeningen wel ende gewenscht heeft laeten succederen ende voltrecken,
soo hebben beslooten, ende oock voor d’ eerste reyse begonnen, desen dach, den 6en April wesende, tot Godes eere met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vast blijvenden danck- ende bededach in te stellen, ten eynde daerbij des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen nooyt vergeten, maer altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden mogen worden.

Afrikaanse vertaling

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met Gods hulp en leiding met die skepe Drommedarus, Reyger en Goede Hoope veilig hier aangeland het, om hierdie fort en kolonie na die opdrag van ons here en meesters op te bou en te vestig, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en gewens laat slaag en voltrek het, het ons besluit, en ook voordat die reis begin het, om hierdie dag, synde die 6e April, tot Gods eer met danksegging te vier en dit altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat die weldade wat God aan ons bewys het nooit deur ons nakomelinge vergeet word nie, maar altyd tot Gods eer voortdurend in gedagte gehou moet word.



REDUPLIKASIE

Die herhaling van 'n woord in Afrikaans word heeldikwels gebruik.

Voorbeelde is:

aan-aan
baie-baie
eet-eet
gou-gou
kolle-kolle
net-net
nou-nou
sit-sit
speel-speel
spring-spring
wil-wil

Die verskynsel word deur taalkundiges volle reduplikasie genoem. Daar is ook nog gedeeltelike reduplikasie. Dit is die herhaling van slegs woorddele soos in skat-skatryk, brand-brandmaer, gras-grasgroen. Volle reduplikasie vind mens wel in die tale van Europa, maar op 'n baie beperkte skaal. Die reduplikasie-patroon kom uit die Ooste. Waarskynlik is dié wyse van woordvorming ontleen aan Maleis. Maar verskeie Oosterse tale het dié produktiewe prosedure om woorde te maak.

In teenstelling tot sy Europese stamtale, veral Nederlands, is reduplikasie in Afrikaans hoogs produktief. Met ander woorde, ons voorsate het 'n paar gevalle van reduplikasie aan ander tale ontleen, en toe die patroon toegepas op ons ganse woordeskat.


Die reduplikasie woorde het soms 'n heel voorspelbare betekenis. Gou-gou beteken byvoorbeeld wel “baie gou”. Party woorde het 'n effens afwykende betekenis. Wil-wil beteken byvoorbeeld nie “baie wil” nie, maar “effens wil”. Ander reduplikasie woorde het die teenoorgestelde betekenis van die grondwoord soos byvoorbeeld nou-nou is beslis nie “dadelik” nie. Dit het meer die betekenis van “netnou”.
ARGAÏESE AFRIKAANSE WOORDE

Afrikaanse woorde wat mens deesdae nie meer baie hoor nie. Daar is seker nog baie.

aangeklam
aankomde
absent
afgedankste
almiskie
alteveel
altoos
amegtig
arbeider
arriewarrie
badskamer
beeldradio
beskimmeld
bil
boerematriek
boomgaard
boskasie
broekskeur
dartel
desnieteenstaande
dienaar
draadloos
drempel (vir ‘n drumpel)
duim (lengtemaat)
duit
elkaar
fiemies
flerrie
fraiing
friemel
frommel
frummels
gasie
gebelgd
gebroeders
gedoriewaar
gemakshuisie
generlei
gestig (vir ‘n inrigting)
gestreng
geswind
gevogelte
gewend
gewrog
ghienie
ginds
ginnegaap
ginnegaap
goedertieren
gomlastiek
gonsel
gopse
grammofoon
gramradio
haard
hardepad (vir straf)
heerskaar
hoera
hygend hert
iedereen
juts
karnallie
kasarm
keper
kleinhuisie
kloekmoedig
konfoor
kooi
kras
krokodiltrane
kwispedoor
lawaaiwater
ledekant
limiet
loei
lukraak
lummel
luns
lunsriem
luttel
maaifoerie
mitsgaders
moerskont (vir vabond)
napaadjie
neffens
negosie
noppies
oopspalk
oorlams
opskeploer
oulap
overgesetsynde
paaiboelie
paggerhout
palissanderhout
ploegbaas
poegaai
rededeel
siel uittrek
silwerkollekte
skaftyd
skarminkel
skoorsoek
slier
smyt
snotkoker
spekskiet
spens
sponning
spuitvliegtuig
stroef
swerkater
swernoot
swets
swetterjoel
telg
tierlantyntjies
timmerasie
toen(t)dertyd
tranedal
vaaljapie
vanslewe
vies
voldaan (vir kwitansie)
voorhuis
voorskoot
vroegstuk
woelag
woelig
woelwater

wroeg
SPES MEA FUMUS EST

SPES MEA FUMUS EST
Wyl ick, dus sit, en smoock een Pijpjen aen de haert,
Met een bedruckt gelaet, en oogen na de aerd,
d' Een elboogh onder 't Hooft, soeckt mijn gedacht de reden
Waerom 't geval my plaeght met so veel straffigheden?
De hoop daer op, (die my vast uytstelt dach, aen dach,
Schoon dat ick nooyt yet goets van al mijn hoopen sach)
Belooft my wederom haest tot mijn wensch te koomen:
En maeckt my grooter als een Keyzer van Out Romen.
Maar nauw ist smoockend kruydt verbrant tot stof, en asch,
Of 'k vind my in die standt daer ick voor dees’ in was:
En nauw sie ick de roock in yd’le lucht verswinden,
Of 'k segh, dat ick in 't minst geen onderscheyt kan vinden,
In, of ick leef of hoop, of dat 'k een pypje smoock;
Want 't een is niet als windt, en 't ander niet als rook:

Willem Godschalk van Focquenbroch – "Afrikaensche Thalia" (1678)

MY HOOP IS SOOS ROOK
Terwyl ek, hier sit, ‘n pypie te rook by die vuurherd,
Terneergedruk, oë na die grond gekeer,
Kop gestut op elmboog, soek ek in my binneste die rede
Waarom die noodlot my met soveel foltering kwel?
Die hoop, (wat my daagliks aan ‘n lyntjie hou,
Terwyl ek nooit iets goeds van al my hoop sien nie)
Beloof my opnuut snelle vervulling van al my wense:
En maak my groter as ‘n keiser van die ou Rome.
Maar nouliks is my smeulende tabak verbrand tot stof, en as,
of ek bevind my weer in dieselfde toestand as voorheen:
En nouliks het ek die rook sien verdwyn in die dun lug,
Of ek dink, dat ek nie die minste onderskeid kan vind,
Tussen lewe in hoop, en die rook van ‘n pypie,
Want die een is niks anders as wind, en die ander niks anders as rook.


© Afrikaanse vertaling deur Johan van Breda (2016)
Die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die),
de of het in Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as
de, der, des, dier, dien

Wat vir my baie interessant is, is die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die), de of het in Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as de, der, des, dier, dien.

Wat de duiwel doen jy?
Die Here der here.
Die dag der dae.
Jare der jare.
‘n Steen des aanstoots.
Kwelling des geestes.
Kind des doods.
Boom des lewens.
In my dag des lewens.
Des te meer.
In dier voege.
Met dien verstande.

Waar sal des- in die volgende bywoorde vandaan kom of wat beteken die des- ?
Desgelyks
Desnieteenstaande
Desnietemin
Desnoods
Desondanks

Destyds
Die agtervoegsel -skap

Die agtervoegsel -skap vorm abstrakte selfstandige naamwoorde
van byvoeglike naamwoorde:            blydskap, verwantskap
van selfstandige naamwoorde:
versamelwoorde:                                broederskap, vennootskap
woorde wat ‘gestalte, vorm, geaardheid, toestand, hoedanigheid' aandui:
                                                           ballingskap, kluisenaarskap
van werkwoorde:                                weddenskap, wetenskap

Wat is die oorsprong (etimologie) van die agtervoegsel –skap in Afrikaanse woorde soos:-

agentskap
ballingskap
bankrotskap
beterskap
blydskap
boodskap
broederskap
burgerskap
buurmanskap
dissipelskap
dronkenskap
eienaarskap
eienskap
gemeenskap
genootskap
gereedskap
geselskap
gevangeskap
graafskap
kameraadskap
landskap
leierskap
lidmaatskap
manskap
meesterskap
nalatenskap
ouerskap
rekenskap
ridderskap
seggenskap
swangerskap
vennootskap
verwantskap
vriendskap
weddenskap
wetenskap

Volksetimologie

Vind die vervorming in die volksmond van woorde uit ander tale wat vir ons vreemd klink en dan aangepas word om amper dieselfde in Afrikaans te klink, nog plaas? Ek dink die moderne Afrikaanssprekendes pleeg nie meer volksetimologie nie. Ons gebruik deesdae sommer die Engelse of vreemde woord. Baie van die volksetimologie woorde is dus argaïes.

Sommige is humoristies.

‘n Moderne woord waaraan ek nou dink, is potgooi vir podcast. Is dit volksetimologie of slegs ‘n direkte vertaling? Wat van woorde soos boks, lorrie, tjips, têkkie ens. Volksetimologie of leenwoorde?

baiesukkel = bicycle
Baksteen = Buxton
blouhermaans = blanc mange
Bottelbier = Bartle Frere
bromkaatjies = bronchitis
die binnevet van die boud = benefit of the doubt
dronknes = drunkeness
Duiwel-se-stypsteen = Theophilus Shepstone
eendjiebyter = incubator
gedorie = Gods glorie
Gladsteen = Gladstone
halsband = husband
hanepoot = hanekloot
hangmat = hamaca
kamferfoelie = kamperfoelie
katjiepiering = katjoe-piring (Maleis)
katteskeer = katkiseer
koperkapel = cobra de capello (Portugees)
kosmyniks = cosmetics
kothuis = cottage
Krisjan Kaiings = Christian Science
Lang Jan = Lanyon
liddoring = likdoring (lik = lyf)
Martjie Louw = martial law
merrie-korhaan = merry-go-round
nagmerrie = nagmare (mare = spook)
neusbek = nosebag
oliekolonie = eau de cologne (Frans)
oorbietjie = oribi
orreltjie = orderly
pa se bul = passable
pynkelder = pain-killer
ratjietoe = ratatouille (Frans)
rofkas = rough-cast
Rooiversbul = Redvers Buller
rypatrys = repatriation
Saalsak, Meelsak en Appel-een-oog = Sadrag, Mesag en Abednego
samboksalf = zambuk
seningblare of senuweeblare = seneblare
settelaarspoeiers = Seidlitz-poeiers
silwerwortel = silver wattle
skeurbuik = scorbutus (Latyn)
Spaanse vlooi = Spanish flu
suikerkan = sugar cane
Trippelmerrie = Tipperary
vabond = vagebond
vel(d)stoel = valtstoel (valt = vou)
vir botter of vir wors = for better or for worse
wee(r)luis = weegluis (weeg = muur)
witstippelmerrie = vegetable marrow