Onsterflikheid
tot in my nageslag is wat ek begeer,
net soos ek
my voorgeslag nou vereer.
My gene
voortgedra na ‘n ander tyd
onafskeidbaar
tot in ewigheid.
Vir ewig sal
hul deel van my wees,
in voorkoms,
liggaam en gees.
© Johan van Breda
2003
Om dood te
gaan is geen kuns nie; die slegste kry dit reg.
Om te lewe
is ‘n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie.
C J
Langenhoven
Die tragedie
van die lewe is nie dat dit so vinnig oor is nie,
maar dat ons
so lank wag voordat ons daarmee begin.
W M Lewis
Tyd is die
geld van jou lewe.
Net jy kan
bepaal hoe dit bestee moet word.
Pasop dat
ander mense dit nie namens jou bestee nie.
Carl
Sandburg
Dum Vivimus
Vivamus
Terwyl ons
leef, laat ons leef.
Geskiedenis
gee lewe aan die herinnering,
dit is die
boodskapper van die verlede.
Cicero
Waardeer die
gewoontes en gebruike wat van jou voorouers af kom.
Dis nie die
boom wat in een jaar uitgroei waar jy sterk hout kan saag nie.
C J
Langenhoven
Ondervinding
is ‘n harde leermeester omdat
dit eers die
toets gee en dan die les daarna.
Vernon Law
‘n Woord is
soos ‘n by, dit het heuning en ‘n angel.
Talmud
Die verskil
tussen die regte woord en amper die regte woord
is soos die
verskil tussen weerlig en ‘n vuurvliegie.
Mark Twain
Die dofste
ink is beter as die beste geheue.
Chinese
spreekwoord