Saturday, 5 March 2016

Onsterflikheid tot in my nageslag is wat ek begeer,
net soos ek my voorgeslag nou vereer.
My gene voortgedra na ‘n ander tyd
onafskeidbaar tot in ewigheid.
Vir ewig sal hul deel van my wees,
in voorkoms, liggaam en gees.

© Johan van Breda
2003


Om dood te gaan is geen kuns nie; die slegste kry dit reg. 
Om te lewe is ‘n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. 
C J Langenhoven

Die tragedie van die lewe is nie dat dit so vinnig oor is nie,
maar dat ons so lank wag voordat ons daarmee begin. 
W M Lewis

Tyd is die geld van jou lewe.
Net jy kan bepaal hoe dit bestee moet word.
Pasop dat ander mense dit nie namens jou bestee nie.
Carl Sandburg

Dum Vivimus Vivamus
Terwyl ons leef, laat ons leef.

Geskiedenis gee lewe aan die herinnering,
dit is die boodskapper van die verlede.
Cicero

Waardeer die gewoontes en gebruike wat van jou voorouers af kom. 
Dis nie die boom wat in een jaar uitgroei waar jy sterk hout kan saag nie.
C J Langenhoven

Ondervinding is ‘n harde leermeester omdat
dit eers die toets gee en dan die les daarna.
Vernon Law

‘n Woord is soos ‘n by, dit het heuning en ‘n angel.
Talmud

Die verskil tussen die regte woord en amper die regte woord
is soos die verskil tussen weerlig en ‘n vuurvliegie.
Mark Twain

Die dofste ink is beter as die beste geheue.

Chinese spreekwoord

No comments:

Post a Comment