Wednesday, 27 April 2016

DIE VORMING VAN AFRIKAANS

KODDIGE TAALGEBRUIK VAN ONS VOORVADERS
SOOS OPGETEKEN UIT OU DOKUMENTE
IN DIE KAAPSTAD ARGIEFBEWAARPLEK

Die ou registers en dokumente in die Kaapstad argief lewer heel dikwels vreemde woorde en uitdrukkings sowel as eienaardige stukkies op, wat vandag vreemd op die oor val.

In die doopregisters word 'n onegte kind dikwels aangetoon as “in onecht geteeld”. Klink vandag baie soos diere wat geteel word! Indien die bruidegom 'n veeboer was, word sy beroep dikwels in die huweliksregister as "vee fokker" aangetoon. Na 'n man se vrou (eggenote) word deurgaans as "huijsvrouw van ..." verwys. Klink vandag baie soos 'n bediende. Vrouens se plek was nog kaalvoet, swanger en voor die stoof. Sophia Cloete, huijsvrouw van Jacob Cloete (stamvader) word so beskryf:-

Daer komende, wierden wy van de zwangere, half naekt loopende boerin (van Keulen geboortig), alsoo de man uit was, vriendelijk ontvangen in 't huysje sonder glasen [...].

Adam Tas se dagboek bevat 'n paar kostelike inskrywings van wyngebruik aan die Kaap in die jare 1705 en 1706. Sy taalgebruik en humorsin is iets besonders.

Hy was beslis 'n geestige mens en het duidelik humor aan die dag gelê met sy beskrywing van alledaagse gebeurtenisse. Die sieketrooster, destyds nog aangespreek as dominee, noem hy krankebedroever.

[...] Ook was 'er de krankebedroever Lussing, die vol zoeten wijns was. Mr. Paran was wacker bezig met den wijnroemer om te laaten gaan, zoodat ik wel haast vernam dat die vrund met goed regt voor een broeder van de natte gemeente mag werden te boek geslagen. Na aldaar een wijl geweest te zijn ben ik na huijs geslentert; [...]

Tas was ook 'n drinkebroer van die natgemeente. 'n Bra vrolike partytjie by sy buurman het blykbaar tot in die laatnag aangehou en toe hy uiteindelik vol soet wyn was, het hy en sy suster huistoe geloop. Sy perd, waarmee hy vroeër die dag vanaf die Tygerberg op die buurman se partytjie mee aangekom het, sonder dat hy eers huistoe was, het hy blykbaar net daar gelos. Hy skryf dat dit vir horn gevoel het of hy so reguit huistoe geloop het, asof hy met 'n tou getrek word. Maar toe hy by die huis tot rus kom, toe kon hy voel dat vader Bacchus met hom praat.

[...] voor de rest waaren we met elkanderen braaf vrolijk, 'twelk tot in de nagt duurde. Ik ben eijndelijk vol en zoet met suster na huijs geslentert en zoo rechtstreeks t'huijs gegaan off ik met een leijn getrocken wierde, maar toen ik thuijs in stilstand geraakte, bevond ik welhaast dat ik 't niet van hooren zeggen hadde, maar dat ik paaij Bachus zelfs hadde gesprooken.

Die volgende oggend skryf hy in sy dagboek dat hy glad nie goed gevoel het nie en dat hy so ietwat van stryk af was.

[...] Ik bevond mij desen morgen gansch niet wel en was zoo vrij wat van mijn stuk.

Toe sy buurman se blanke kneg, Arij, oorlede is, stuur hy kos en wyn oor vir die begrafnis. Sy kneg, Jacob, woon die begrafnis by en kom vertel die aand dat daar heelwat mense was, en dat daar kos oorgebly het maar dat die wyn opgeraak het. Daarmee was Tas tevrede, Arij het 'n behoorlike begrafnis gehad.

[...] Tegens de middag hebbe ik een ½ aam daar in 5 emmers wijn na Stellenbosch gesonden, alsmeede een Caabse ham, 3 bouten gebraden vleesch van een vette hamel en 3 brooden; daar konnen ze haar vrolijk mede maaken. Onze knegt Jacob s'avonds van de begraffenis weeder t' huijs komende, zijde mij datter vrij wat volk was geweest en datter nog een gedeelte van de Cost was overgeschoten, de wijn was uijtgeraakt, zodat Arij nog met goed fatsoen is begraven.

Heelparty besoekers wat die Kaap aangedoen het, het hul indrukke van die Vlek, soos die nedersetting algemeen bekend was, op skrif gestel. So skryf Johanna Maria van Riebeeck, kleindogter van Jan van Riebeeck, op 13 Januarie 1710 aan haar ouers in Batavia:-

[...] en buyten de Hottentots, dat heele lelycke en stinkende mense bennen, en soo benne de Hollanders in haar huyshouwen ook seer morsigh, en men siet hier aardige troonies van menschen, en hier is een aardigh mannier van leven.

Kaapstad beskryf sy as "hottentotaghtigh” en die kasteel en strate as,

Het casteel siet er miserabel slorsigh daaruyt, [...]. De stat is voor dese plaas redelijck groot, maar de wegen overal seer slordigh, vol met gaaten en hoog en laagh, dat lijckt als men rijt alsof men omvallen soude [...].

Die Goewerneur beskryf sy as:-

De goevernuer is een man die dagelijcks hout van uyt plesire te gaan met eenige jonge juffrouwen van sleght vatsoen, en met juffr: Munckerius dochter is hij seer familiaar, dat me soo een diertje lijckt.
Vertaling
Die goewerneur is 'n man wat daarvan hou om daagliks plesierig te verkeer met verskeie jong dames van swak karakter, en met Mev. Munckerius se dogter, wat vir my so 'n klein flirt voorkom, is hy baie intiem.

Die Goewerneur waarna verwys word, was Louis van Assenburgh, oud-offisier in die leër van die Keiser van Duitsland, goeie regeerder maar blykbaar 'n te groot vriend van Wyntjie en Tryntjie. Baie lief vir drank en vroumense!

Johanna Maria se eggenoot, Joan van Hoorn, skryf op 16 Maart 1710 aan sy skoonvader Abraham van Riebeeck, Goewerneur-generaal in Batavia:-

Maar d' Hr Gouverneur van Assenburgh heeft een aardig spreekwoord:- 't is of de Caab van vretten en suypen aan malkander hangt' [...] want alle thuynen zijn wijngaarden, en in of bij of voor 't meeste alle pers daar wijn uyt [...]
Vertaling
Maar die Heer Goewerneur van Assenburgh het 'n eienaardige spreekwoord:- 'Dit is asof die Kaap van vreet en suip aan mekaar gesit is'. [...] want alle tuine het wingerd en min of meer die meeste inwoners pars hul eie wyn.

Otto Frederick Mentzel, gebore 26.02.1709 iewers in Brandenburg, Duitsland, VOC soldaat aan die Kaap vanaf 1732 of 1733, het die Kaap per abuis op die 2de of 3de Januarie 1741 verlaat. Hy skryf drie boekdele oor sy verblyf aan die Kaap. Hierdie beskrywings van Kaapstad is dus van die jare 1732 tot 1740.

Hy skryf van 'n grot in die Steenbergen met die naam "Nero's cave or Madame haar Gat"

Maar seker die mees komiese stukkie in sy werke is die beskrywing van slawetaal aan die Kaap:-

But, if the knecht does not give the servants enough to eat, the slaves would on occasion complain about it and the proprietor would have to consider such complaints: for in such case every slave assumes the right to say: "Kammene Kumi, Kammene Kuli" which means: "If I have nothing to eat, I cannot work". The loose female slaves however, whose favours the sailors might wish to enjoy gratis say: "Kammene Kas, Kammene Kunte" which means: "If you have no money, I have no …" [Letterlik "No cash, no cunt"]

Michiel van Breda van Oranje Zigt teken op 23.11.1821 in sy dagboek aan:-

Jefta te huijs gekoome met de hol verstopt vol pitte, A:B: Cronbe [Abercrombie?] met de vinger uijt gekrapt. [Wonder of hy te veel turksvye geëet het? Waatlemoen kon November seker nog nie ryp gewees het nie!]

Op Zoetendals Valleij skryf Michiel van Breda in sy instruksies aan sy voorman,

Geen vreemd volk uit de buurt of elders zal des nagts hier op de plaats moogen vernagten of koomen kuijeren wijl zulks altoos kwaade gevolgen na zig sleept. [Vandag nog waar!]

Verder meld hy dat,

Rooderik moet zonder verzuim s'morgens en s'avonds springen tot dat alle de merries goed gedekt zijn al was 't ook tot den 20 December.

Op 8 April 1845 verklaar Andries Pretorius dat hy as Kommandant-Generaal reeds 'n geruime tyd gelede 'n kar van Michiel van Breda geleen het om as kanonwa te gebruik en dat die kar tans stukkend lê op die plaas van Hendrik Pretorius. Die Raad moet oor die herstelwerk besluit.

            De Raad besluijt zich met de kar niet te bemoeien. [!]

Samuel Hudson skryf in 1803:-

In this Colony intermarriages are so frequent that the whole of the Inhabitants are related. I recollect when General Jansens first took upon him the Government of the Cape of Good Hope he was consulting with a very worthy Friend of mine, a Mister Rheinens, concerning the necessity of newmodeling the constitution and if possible indicating the vices and corruptions of the generality of the People. An Herculean labour it would have proved. 'How,' cries His Excellency 'is this to be done?' My friend whose penetration was equal to the goodness of his heart said: 'General this may be done by banishing root and branch four of the principal Families of the Cape: The Van Reinens, the Cloetez, The Bredaus and The Exteens.' Now these Families were so interwoven with each other and with nearly the whole of the colony that there must have been a general clearance. This the Governor was convinced of and gave up the Attempt.
Verklarende vertaling
Goewerneur Lt-genl Jan Willem Janssens wou met sy diensaanvaarding in 1803 van die voormalige sekunde Johannes Izaak Rhenius weet hoe hy die kolonie kon hervorm met moontlike aanduiding van wanpraktyke en korrupsie oor die algemeen van die inwoners. Hierop het Rhenius voorgestel dat vier van die vooraanstaande families aan die Kaap, Van Reenen, Cloete, Van Breda en Eksteen wortel en tak verban moet word, maar bygevoeg dat hulle deur ondertrouery met mekaar en ook met amper elke ander familie aan die Kaap, almal familie van mekaar was en dus sou amper die hele kolonie verban moes word. Die goewerneur het die saak maar daar gelaat.

Alexander van Breda het selfs die mis op sy plaas Boshof in Nuweland in sy testament bemaak.

[...] Dan nog begeer ik, dat al de Mist, welke by myne overlyden op de Plaats Boshoff voorhanden zal zyn, verblyven zal aan den Bezitter van gemde Plaats als deszelfs eigendom, met dien verstande echter, dat de Eigenaar van de Plaats Bosbeek geregtigd zal zyn tot Twintig Wagen vragten van gezde Mist zonder eenige betaling.
Aldus nader Gedisponeerd ter
Plaatze Boshoff, den 5den August, 1833.
[Geteken] A van Breda

Maria Smit, weduwee van Barend Burger (stamvader), het die buurman se kneg met 'n sweep geslaan en toe die slawe geroep:-

[...] de vrouw roepende nouw jongens maak de honden los, en nouw de honden op 't lijf

Testamente is ‘n ryk bron van kultuurhistoriese gegewens. Alhoewel testamente somber en plegtige dokumente is, bied die ou Nederlandse teks soms koddige sinsnedes op.

Simon van der Stel skryf in sy testament dat hy na oordenke tot besef gekom het van die broosheid en swakheid van die mens se lewe op hierdie aarde, verganklik soos ‘n skaduwee en dat niks sekerder is as die dood nie, en daarenteen niks onsekerder as die tyd en uur daarvan, derhalwe het hy besluit om alvorens hy hierdie tranedal verlaat sy aardse goedere te bemaak ...  

[...] de broos en swakhijt van S’ menschen Leeven op deeser aarde, als een Schaduwe vergankelijk, en datter niet seekerder is dan de dood, en daar en teegen niets onsekerder dan de tijd en uuren van dien, dierhalven te raade was geworden alvoorens uijt dit tranendal te Schijden, van sijn tydelijke goederen hem van God Almagtig uijt genaden mildelijk verleend, uijtterlijk bevoolen en gedisponeert te hebben, ‘t Zelve doende Soo den Ed: Hr: Compt: opentlijk verklaarde uijt een vrije en onbedwonge gemoed, sonder Inductie, persuasie ofte mislijdinge van iemand ter weereld, Eerst en alvoorens bevelende zijn onsterfelijke Siele, na dat die uijt het Sterffelijke lighaam sal verhuijst weesen, in de Genadigen barmhertige handen Gods, zijnen Schepper en hemelsche Vader, en het doode Lighaam den Schoot der aarde met eenen Eerlijke begravinge [...]  


No comments:

Post a Comment