Thursday, 28 April 2016

VAN RIEBEECK SE GELOFTE


Met die koms van Jan van Riebeeck in 1652 na die Kaap begin ook ons eie erfenis van ede, gebede en geloftes. In die formuliergebed, wat Van Riebeeck by sy aankoms gebruik het, bid hy reeds tot die “Aller genadigste Vader” dat die Gereformeerde Christelike geloof ook mettertyd onder die heidene mag posvat.

Twee jaar later op Paasmaandag 6 April 1654 onderneem Van Riebeeck dat dié dag voortaan as dank- en biddag tot Gods eer gevier sal word.

Heden voor de tweede mael jarich sijnde dat wij door Godes Hulpe geleyde met de scheepen Drommedarus, Reyger ende Goede Hoope hier ter plaetse behouden sijn aengelandt omme dese fortresse ende colonie nae d’ ordre onser Heeren Meesters op te maecken ende stabileren, ende gemerckt Godt de Heere alle die saecken tot den dach van heden met veele segeningen wel ende gewenscht heeft laeten succederen ende voltrecken,
soo hebben beslooten, ende oock voor d’ eerste reyse begonnen, desen dach, den 6en April wesende, tot Godes eere met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vast blijvenden danck- ende bededach in te stellen, ten eynde daerbij des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen nooyt vergeten, maer altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden mogen worden.

Afrikaanse vertaling

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met Gods hulp en leiding met die skepe Drommedarus, Reyger en Goede Hoope veilig hier aangeland het, om hierdie fort en kolonie na die opdrag van ons here en meesters op te bou en te vestig, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en gewens laat slaag en voltrek het, het ons besluit, en ook voordat die reis begin het, om hierdie dag, synde die 6e April, tot Gods eer met danksegging te vier en dit altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat die weldade wat God aan ons bewys het nooit deur ons nakomelinge vergeet word nie, maar altyd tot Gods eer voortdurend in gedagte gehou moet word.



REDUPLIKASIE

Die herhaling van 'n woord in Afrikaans word heeldikwels gebruik.

Voorbeelde is:

aan-aan
baie-baie
eet-eet
gou-gou
kolle-kolle
net-net
nou-nou
sit-sit
speel-speel
spring-spring
wil-wil

Die verskynsel word deur taalkundiges volle reduplikasie genoem. Daar is ook nog gedeeltelike reduplikasie. Dit is die herhaling van slegs woorddele soos in skat-skatryk, brand-brandmaer, gras-grasgroen. Volle reduplikasie vind mens wel in die tale van Europa, maar op 'n baie beperkte skaal. Die reduplikasie-patroon kom uit die Ooste. Waarskynlik is dié wyse van woordvorming ontleen aan Maleis. Maar verskeie Oosterse tale het dié produktiewe prosedure om woorde te maak.

In teenstelling tot sy Europese stamtale, veral Nederlands, is reduplikasie in Afrikaans hoogs produktief. Met ander woorde, ons voorsate het 'n paar gevalle van reduplikasie aan ander tale ontleen, en toe die patroon toegepas op ons ganse woordeskat.


Die reduplikasie woorde het soms 'n heel voorspelbare betekenis. Gou-gou beteken byvoorbeeld wel “baie gou”. Party woorde het 'n effens afwykende betekenis. Wil-wil beteken byvoorbeeld nie “baie wil” nie, maar “effens wil”. Ander reduplikasie woorde het die teenoorgestelde betekenis van die grondwoord soos byvoorbeeld nou-nou is beslis nie “dadelik” nie. Dit het meer die betekenis van “netnou”.
ARGAÏESE AFRIKAANSE WOORDE

Afrikaanse woorde wat mens deesdae nie meer baie hoor nie. Daar is seker nog baie.

aangeklam
aankomde
absent
afgedankste
almiskie
alteveel
altoos
amegtig
arbeider
arriewarrie
badskamer
beeldradio
beskimmeld
bil
boerematriek
boomgaard
boskasie
broekskeur
dartel
desnieteenstaande
dienaar
draadloos
drempel (vir ‘n drumpel)
duim (lengtemaat)
duit
elkaar
fiemies
flerrie
fraiing
friemel
frommel
frummels
gasie
gebelgd
gebroeders
gedoriewaar
gemakshuisie
generlei
gestig (vir ‘n inrigting)
gestreng
geswind
gevogelte
gewend
gewrog
ghienie
ginds
ginnegaap
ginnegaap
goedertieren
gomlastiek
gonsel
gopse
grammofoon
gramradio
haard
hardepad (vir straf)
heerskaar
hoera
hygend hert
iedereen
juts
karnallie
kasarm
keper
kleinhuisie
kloekmoedig
konfoor
kooi
kras
krokodiltrane
kwispedoor
lawaaiwater
ledekant
limiet
loei
lukraak
lummel
luns
lunsriem
luttel
maaifoerie
mitsgaders
moerskont (vir vabond)
napaadjie
neffens
negosie
noppies
oopspalk
oorlams
opskeploer
oulap
overgesetsynde
paaiboelie
paggerhout
palissanderhout
ploegbaas
poegaai
rededeel
siel uittrek
silwerkollekte
skaftyd
skarminkel
skoorsoek
slier
smyt
snotkoker
spekskiet
spens
sponning
spuitvliegtuig
stroef
swerkater
swernoot
swets
swetterjoel
telg
tierlantyntjies
timmerasie
toen(t)dertyd
tranedal
vaaljapie
vanslewe
vies
voldaan (vir kwitansie)
voorhuis
voorskoot
vroegstuk
woelag
woelig
woelwater

wroeg
SPES MEA FUMUS EST

SPES MEA FUMUS EST
Wyl ick, dus sit, en smoock een Pijpjen aen de haert,
Met een bedruckt gelaet, en oogen na de aerd,
d' Een elboogh onder 't Hooft, soeckt mijn gedacht de reden
Waerom 't geval my plaeght met so veel straffigheden?
De hoop daer op, (die my vast uytstelt dach, aen dach,
Schoon dat ick nooyt yet goets van al mijn hoopen sach)
Belooft my wederom haest tot mijn wensch te koomen:
En maeckt my grooter als een Keyzer van Out Romen.
Maar nauw ist smoockend kruydt verbrant tot stof, en asch,
Of 'k vind my in die standt daer ick voor dees’ in was:
En nauw sie ick de roock in yd’le lucht verswinden,
Of 'k segh, dat ick in 't minst geen onderscheyt kan vinden,
In, of ick leef of hoop, of dat 'k een pypje smoock;
Want 't een is niet als windt, en 't ander niet als rook:

Willem Godschalk van Focquenbroch – "Afrikaensche Thalia" (1678)

MY HOOP IS SOOS ROOK
Terwyl ek, hier sit, ‘n pypie te rook by die vuurherd,
Terneergedruk, oë na die grond gekeer,
Kop gestut op elmboog, soek ek in my binneste die rede
Waarom die noodlot my met soveel foltering kwel?
Die hoop, (wat my daagliks aan ‘n lyntjie hou,
Terwyl ek nooit iets goeds van al my hoop sien nie)
Beloof my opnuut snelle vervulling van al my wense:
En maak my groter as ‘n keiser van die ou Rome.
Maar nouliks is my smeulende tabak verbrand tot stof, en as,
of ek bevind my weer in dieselfde toestand as voorheen:
En nouliks het ek die rook sien verdwyn in die dun lug,
Of ek dink, dat ek nie die minste onderskeid kan vind,
Tussen lewe in hoop, en die rook van ‘n pypie,
Want die een is niks anders as wind, en die ander niks anders as rook.


© Afrikaanse vertaling deur Johan van Breda (2016)
Die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die),
de of het in Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as
de, der, des, dier, dien

Wat vir my baie interessant is, is die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die), de of het in Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as de, der, des, dier, dien.

Wat de duiwel doen jy?
Die Here der here.
Die dag der dae.
Jare der jare.
‘n Steen des aanstoots.
Kwelling des geestes.
Kind des doods.
Boom des lewens.
In my dag des lewens.
Des te meer.
In dier voege.
Met dien verstande.

Waar sal des- in die volgende bywoorde vandaan kom of wat beteken die des- ?
Desgelyks
Desnieteenstaande
Desnietemin
Desnoods
Desondanks

Destyds
Die agtervoegsel -skap

Die agtervoegsel -skap vorm abstrakte selfstandige naamwoorde
van byvoeglike naamwoorde:            blydskap, verwantskap
van selfstandige naamwoorde:
versamelwoorde:                                broederskap, vennootskap
woorde wat ‘gestalte, vorm, geaardheid, toestand, hoedanigheid' aandui:
                                                           ballingskap, kluisenaarskap
van werkwoorde:                                weddenskap, wetenskap

Wat is die oorsprong (etimologie) van die agtervoegsel –skap in Afrikaanse woorde soos:-

agentskap
ballingskap
bankrotskap
beterskap
blydskap
boodskap
broederskap
burgerskap
buurmanskap
dissipelskap
dronkenskap
eienaarskap
eienskap
gemeenskap
genootskap
gereedskap
geselskap
gevangeskap
graafskap
kameraadskap
landskap
leierskap
lidmaatskap
manskap
meesterskap
nalatenskap
ouerskap
rekenskap
ridderskap
seggenskap
swangerskap
vennootskap
verwantskap
vriendskap
weddenskap
wetenskap

Volksetimologie

Vind die vervorming in die volksmond van woorde uit ander tale wat vir ons vreemd klink en dan aangepas word om amper dieselfde in Afrikaans te klink, nog plaas? Ek dink die moderne Afrikaanssprekendes pleeg nie meer volksetimologie nie. Ons gebruik deesdae sommer die Engelse of vreemde woord. Baie van die volksetimologie woorde is dus argaïes.

Sommige is humoristies.

‘n Moderne woord waaraan ek nou dink, is potgooi vir podcast. Is dit volksetimologie of slegs ‘n direkte vertaling? Wat van woorde soos boks, lorrie, tjips, têkkie ens. Volksetimologie of leenwoorde?

baiesukkel = bicycle
Baksteen = Buxton
blouhermaans = blanc mange
Bottelbier = Bartle Frere
bromkaatjies = bronchitis
die binnevet van die boud = benefit of the doubt
dronknes = drunkeness
Duiwel-se-stypsteen = Theophilus Shepstone
eendjiebyter = incubator
gedorie = Gods glorie
Gladsteen = Gladstone
halsband = husband
hanepoot = hanekloot
hangmat = hamaca
kamferfoelie = kamperfoelie
katjiepiering = katjoe-piring (Maleis)
katteskeer = katkiseer
koperkapel = cobra de capello (Portugees)
kosmyniks = cosmetics
kothuis = cottage
Krisjan Kaiings = Christian Science
Lang Jan = Lanyon
liddoring = likdoring (lik = lyf)
Martjie Louw = martial law
merrie-korhaan = merry-go-round
nagmerrie = nagmare (mare = spook)
neusbek = nosebag
oliekolonie = eau de cologne (Frans)
oorbietjie = oribi
orreltjie = orderly
pa se bul = passable
pynkelder = pain-killer
ratjietoe = ratatouille (Frans)
rofkas = rough-cast
Rooiversbul = Redvers Buller
rypatrys = repatriation
Saalsak, Meelsak en Appel-een-oog = Sadrag, Mesag en Abednego
samboksalf = zambuk
seningblare of senuweeblare = seneblare
settelaarspoeiers = Seidlitz-poeiers
silwerwortel = silver wattle
skeurbuik = scorbutus (Latyn)
Spaanse vlooi = Spanish flu
suikerkan = sugar cane
Trippelmerrie = Tipperary
vabond = vagebond
vel(d)stoel = valtstoel (valt = vou)
vir botter of vir wors = for better or for worse
wee(r)luis = weegluis (weeg = muur)
witstippelmerrie = vegetable marrow

Wednesday, 27 April 2016

DIE VORMING VAN AFRIKAANS

KODDIGE TAALGEBRUIK VAN ONS VOORVADERS
SOOS OPGETEKEN UIT OU DOKUMENTE
IN DIE KAAPSTAD ARGIEFBEWAARPLEK

Die ou registers en dokumente in die Kaapstad argief lewer heel dikwels vreemde woorde en uitdrukkings sowel as eienaardige stukkies op, wat vandag vreemd op die oor val.

In die doopregisters word 'n onegte kind dikwels aangetoon as “in onecht geteeld”. Klink vandag baie soos diere wat geteel word! Indien die bruidegom 'n veeboer was, word sy beroep dikwels in die huweliksregister as "vee fokker" aangetoon. Na 'n man se vrou (eggenote) word deurgaans as "huijsvrouw van ..." verwys. Klink vandag baie soos 'n bediende. Vrouens se plek was nog kaalvoet, swanger en voor die stoof. Sophia Cloete, huijsvrouw van Jacob Cloete (stamvader) word so beskryf:-

Daer komende, wierden wy van de zwangere, half naekt loopende boerin (van Keulen geboortig), alsoo de man uit was, vriendelijk ontvangen in 't huysje sonder glasen [...].

Adam Tas se dagboek bevat 'n paar kostelike inskrywings van wyngebruik aan die Kaap in die jare 1705 en 1706. Sy taalgebruik en humorsin is iets besonders.

Hy was beslis 'n geestige mens en het duidelik humor aan die dag gelê met sy beskrywing van alledaagse gebeurtenisse. Die sieketrooster, destyds nog aangespreek as dominee, noem hy krankebedroever.

[...] Ook was 'er de krankebedroever Lussing, die vol zoeten wijns was. Mr. Paran was wacker bezig met den wijnroemer om te laaten gaan, zoodat ik wel haast vernam dat die vrund met goed regt voor een broeder van de natte gemeente mag werden te boek geslagen. Na aldaar een wijl geweest te zijn ben ik na huijs geslentert; [...]

Tas was ook 'n drinkebroer van die natgemeente. 'n Bra vrolike partytjie by sy buurman het blykbaar tot in die laatnag aangehou en toe hy uiteindelik vol soet wyn was, het hy en sy suster huistoe geloop. Sy perd, waarmee hy vroeër die dag vanaf die Tygerberg op die buurman se partytjie mee aangekom het, sonder dat hy eers huistoe was, het hy blykbaar net daar gelos. Hy skryf dat dit vir horn gevoel het of hy so reguit huistoe geloop het, asof hy met 'n tou getrek word. Maar toe hy by die huis tot rus kom, toe kon hy voel dat vader Bacchus met hom praat.

[...] voor de rest waaren we met elkanderen braaf vrolijk, 'twelk tot in de nagt duurde. Ik ben eijndelijk vol en zoet met suster na huijs geslentert en zoo rechtstreeks t'huijs gegaan off ik met een leijn getrocken wierde, maar toen ik thuijs in stilstand geraakte, bevond ik welhaast dat ik 't niet van hooren zeggen hadde, maar dat ik paaij Bachus zelfs hadde gesprooken.

Die volgende oggend skryf hy in sy dagboek dat hy glad nie goed gevoel het nie en dat hy so ietwat van stryk af was.

[...] Ik bevond mij desen morgen gansch niet wel en was zoo vrij wat van mijn stuk.

Toe sy buurman se blanke kneg, Arij, oorlede is, stuur hy kos en wyn oor vir die begrafnis. Sy kneg, Jacob, woon die begrafnis by en kom vertel die aand dat daar heelwat mense was, en dat daar kos oorgebly het maar dat die wyn opgeraak het. Daarmee was Tas tevrede, Arij het 'n behoorlike begrafnis gehad.

[...] Tegens de middag hebbe ik een ½ aam daar in 5 emmers wijn na Stellenbosch gesonden, alsmeede een Caabse ham, 3 bouten gebraden vleesch van een vette hamel en 3 brooden; daar konnen ze haar vrolijk mede maaken. Onze knegt Jacob s'avonds van de begraffenis weeder t' huijs komende, zijde mij datter vrij wat volk was geweest en datter nog een gedeelte van de Cost was overgeschoten, de wijn was uijtgeraakt, zodat Arij nog met goed fatsoen is begraven.

Heelparty besoekers wat die Kaap aangedoen het, het hul indrukke van die Vlek, soos die nedersetting algemeen bekend was, op skrif gestel. So skryf Johanna Maria van Riebeeck, kleindogter van Jan van Riebeeck, op 13 Januarie 1710 aan haar ouers in Batavia:-

[...] en buyten de Hottentots, dat heele lelycke en stinkende mense bennen, en soo benne de Hollanders in haar huyshouwen ook seer morsigh, en men siet hier aardige troonies van menschen, en hier is een aardigh mannier van leven.

Kaapstad beskryf sy as "hottentotaghtigh” en die kasteel en strate as,

Het casteel siet er miserabel slorsigh daaruyt, [...]. De stat is voor dese plaas redelijck groot, maar de wegen overal seer slordigh, vol met gaaten en hoog en laagh, dat lijckt als men rijt alsof men omvallen soude [...].

Die Goewerneur beskryf sy as:-

De goevernuer is een man die dagelijcks hout van uyt plesire te gaan met eenige jonge juffrouwen van sleght vatsoen, en met juffr: Munckerius dochter is hij seer familiaar, dat me soo een diertje lijckt.
Vertaling
Die goewerneur is 'n man wat daarvan hou om daagliks plesierig te verkeer met verskeie jong dames van swak karakter, en met Mev. Munckerius se dogter, wat vir my so 'n klein flirt voorkom, is hy baie intiem.

Die Goewerneur waarna verwys word, was Louis van Assenburgh, oud-offisier in die leër van die Keiser van Duitsland, goeie regeerder maar blykbaar 'n te groot vriend van Wyntjie en Tryntjie. Baie lief vir drank en vroumense!

Johanna Maria se eggenoot, Joan van Hoorn, skryf op 16 Maart 1710 aan sy skoonvader Abraham van Riebeeck, Goewerneur-generaal in Batavia:-

Maar d' Hr Gouverneur van Assenburgh heeft een aardig spreekwoord:- 't is of de Caab van vretten en suypen aan malkander hangt' [...] want alle thuynen zijn wijngaarden, en in of bij of voor 't meeste alle pers daar wijn uyt [...]
Vertaling
Maar die Heer Goewerneur van Assenburgh het 'n eienaardige spreekwoord:- 'Dit is asof die Kaap van vreet en suip aan mekaar gesit is'. [...] want alle tuine het wingerd en min of meer die meeste inwoners pars hul eie wyn.

Otto Frederick Mentzel, gebore 26.02.1709 iewers in Brandenburg, Duitsland, VOC soldaat aan die Kaap vanaf 1732 of 1733, het die Kaap per abuis op die 2de of 3de Januarie 1741 verlaat. Hy skryf drie boekdele oor sy verblyf aan die Kaap. Hierdie beskrywings van Kaapstad is dus van die jare 1732 tot 1740.

Hy skryf van 'n grot in die Steenbergen met die naam "Nero's cave or Madame haar Gat"

Maar seker die mees komiese stukkie in sy werke is die beskrywing van slawetaal aan die Kaap:-

But, if the knecht does not give the servants enough to eat, the slaves would on occasion complain about it and the proprietor would have to consider such complaints: for in such case every slave assumes the right to say: "Kammene Kumi, Kammene Kuli" which means: "If I have nothing to eat, I cannot work". The loose female slaves however, whose favours the sailors might wish to enjoy gratis say: "Kammene Kas, Kammene Kunte" which means: "If you have no money, I have no …" [Letterlik "No cash, no cunt"]

Michiel van Breda van Oranje Zigt teken op 23.11.1821 in sy dagboek aan:-

Jefta te huijs gekoome met de hol verstopt vol pitte, A:B: Cronbe [Abercrombie?] met de vinger uijt gekrapt. [Wonder of hy te veel turksvye geëet het? Waatlemoen kon November seker nog nie ryp gewees het nie!]

Op Zoetendals Valleij skryf Michiel van Breda in sy instruksies aan sy voorman,

Geen vreemd volk uit de buurt of elders zal des nagts hier op de plaats moogen vernagten of koomen kuijeren wijl zulks altoos kwaade gevolgen na zig sleept. [Vandag nog waar!]

Verder meld hy dat,

Rooderik moet zonder verzuim s'morgens en s'avonds springen tot dat alle de merries goed gedekt zijn al was 't ook tot den 20 December.

Op 8 April 1845 verklaar Andries Pretorius dat hy as Kommandant-Generaal reeds 'n geruime tyd gelede 'n kar van Michiel van Breda geleen het om as kanonwa te gebruik en dat die kar tans stukkend lê op die plaas van Hendrik Pretorius. Die Raad moet oor die herstelwerk besluit.

            De Raad besluijt zich met de kar niet te bemoeien. [!]

Samuel Hudson skryf in 1803:-

In this Colony intermarriages are so frequent that the whole of the Inhabitants are related. I recollect when General Jansens first took upon him the Government of the Cape of Good Hope he was consulting with a very worthy Friend of mine, a Mister Rheinens, concerning the necessity of newmodeling the constitution and if possible indicating the vices and corruptions of the generality of the People. An Herculean labour it would have proved. 'How,' cries His Excellency 'is this to be done?' My friend whose penetration was equal to the goodness of his heart said: 'General this may be done by banishing root and branch four of the principal Families of the Cape: The Van Reinens, the Cloetez, The Bredaus and The Exteens.' Now these Families were so interwoven with each other and with nearly the whole of the colony that there must have been a general clearance. This the Governor was convinced of and gave up the Attempt.
Verklarende vertaling
Goewerneur Lt-genl Jan Willem Janssens wou met sy diensaanvaarding in 1803 van die voormalige sekunde Johannes Izaak Rhenius weet hoe hy die kolonie kon hervorm met moontlike aanduiding van wanpraktyke en korrupsie oor die algemeen van die inwoners. Hierop het Rhenius voorgestel dat vier van die vooraanstaande families aan die Kaap, Van Reenen, Cloete, Van Breda en Eksteen wortel en tak verban moet word, maar bygevoeg dat hulle deur ondertrouery met mekaar en ook met amper elke ander familie aan die Kaap, almal familie van mekaar was en dus sou amper die hele kolonie verban moes word. Die goewerneur het die saak maar daar gelaat.

Alexander van Breda het selfs die mis op sy plaas Boshof in Nuweland in sy testament bemaak.

[...] Dan nog begeer ik, dat al de Mist, welke by myne overlyden op de Plaats Boshoff voorhanden zal zyn, verblyven zal aan den Bezitter van gemde Plaats als deszelfs eigendom, met dien verstande echter, dat de Eigenaar van de Plaats Bosbeek geregtigd zal zyn tot Twintig Wagen vragten van gezde Mist zonder eenige betaling.
Aldus nader Gedisponeerd ter
Plaatze Boshoff, den 5den August, 1833.
[Geteken] A van Breda

Maria Smit, weduwee van Barend Burger (stamvader), het die buurman se kneg met 'n sweep geslaan en toe die slawe geroep:-

[...] de vrouw roepende nouw jongens maak de honden los, en nouw de honden op 't lijf

Testamente is ‘n ryk bron van kultuurhistoriese gegewens. Alhoewel testamente somber en plegtige dokumente is, bied die ou Nederlandse teks soms koddige sinsnedes op.

Simon van der Stel skryf in sy testament dat hy na oordenke tot besef gekom het van die broosheid en swakheid van die mens se lewe op hierdie aarde, verganklik soos ‘n skaduwee en dat niks sekerder is as die dood nie, en daarenteen niks onsekerder as die tyd en uur daarvan, derhalwe het hy besluit om alvorens hy hierdie tranedal verlaat sy aardse goedere te bemaak ...  

[...] de broos en swakhijt van S’ menschen Leeven op deeser aarde, als een Schaduwe vergankelijk, en datter niet seekerder is dan de dood, en daar en teegen niets onsekerder dan de tijd en uuren van dien, dierhalven te raade was geworden alvoorens uijt dit tranendal te Schijden, van sijn tydelijke goederen hem van God Almagtig uijt genaden mildelijk verleend, uijtterlijk bevoolen en gedisponeert te hebben, ‘t Zelve doende Soo den Ed: Hr: Compt: opentlijk verklaarde uijt een vrije en onbedwonge gemoed, sonder Inductie, persuasie ofte mislijdinge van iemand ter weereld, Eerst en alvoorens bevelende zijn onsterfelijke Siele, na dat die uijt het Sterffelijke lighaam sal verhuijst weesen, in de Genadigen barmhertige handen Gods, zijnen Schepper en hemelsche Vader, en het doode Lighaam den Schoot der aarde met eenen Eerlijke begravinge [...]