Thursday, 28 April 2016

SPES MEA FUMUS EST

SPES MEA FUMUS EST
Wyl ick, dus sit, en smoock een Pijpjen aen de haert,
Met een bedruckt gelaet, en oogen na de aerd,
d' Een elboogh onder 't Hooft, soeckt mijn gedacht de reden
Waerom 't geval my plaeght met so veel straffigheden?
De hoop daer op, (die my vast uytstelt dach, aen dach,
Schoon dat ick nooyt yet goets van al mijn hoopen sach)
Belooft my wederom haest tot mijn wensch te koomen:
En maeckt my grooter als een Keyzer van Out Romen.
Maar nauw ist smoockend kruydt verbrant tot stof, en asch,
Of 'k vind my in die standt daer ick voor dees’ in was:
En nauw sie ick de roock in yd’le lucht verswinden,
Of 'k segh, dat ick in 't minst geen onderscheyt kan vinden,
In, of ick leef of hoop, of dat 'k een pypje smoock;
Want 't een is niet als windt, en 't ander niet als rook:

Willem Godschalk van Focquenbroch – "Afrikaensche Thalia" (1678)

MY HOOP IS SOOS ROOK
Terwyl ek, hier sit, ‘n pypie te rook by die vuurherd,
Terneergedruk, oë na die grond gekeer,
Kop gestut op elmboog, soek ek in my binneste die rede
Waarom die noodlot my met soveel foltering kwel?
Die hoop, (wat my daagliks aan ‘n lyntjie hou,
Terwyl ek nooit iets goeds van al my hoop sien nie)
Beloof my opnuut snelle vervulling van al my wense:
En maak my groter as ‘n keiser van die ou Rome.
Maar nouliks is my smeulende tabak verbrand tot stof, en as,
of ek bevind my weer in dieselfde toestand as voorheen:
En nouliks het ek die rook sien verdwyn in die dun lug,
Of ek dink, dat ek nie die minste onderskeid kan vind,
Tussen lewe in hoop, en die rook van ‘n pypie,
Want die een is niks anders as wind, en die ander niks anders as rook.


© Afrikaanse vertaling deur Johan van Breda (2016)

No comments:

Post a Comment