Die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde
lidwoord (die),
de of het in Nederlands wat in Afrikaans
behoue gebly het as
de, der, des, dier, dien
Wat vir my baie interessant is, is
die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die), de of het in
Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as de, der, des, dier, dien.
Wat de duiwel doen jy?
Die Here der here.
Die dag der dae.
Jare der jare.
‘n Steen des aanstoots.
Kwelling des geestes.
Kind des doods.
Boom des lewens.
In my dag des lewens.
Des te meer.
In dier voege.
Met dien verstande.
Waar sal des- in die volgende
bywoorde vandaan kom of wat beteken die des- ?
Desgelyks
Desnieteenstaande
Desnietemin
Desnoods
Desondanks
Destyds
No comments:
Post a Comment