Volksetimologie
Vind die vervorming in die volksmond
van woorde uit ander tale wat vir ons vreemd klink en dan aangepas word om
amper dieselfde in Afrikaans te klink, nog plaas? Ek dink die moderne
Afrikaanssprekendes pleeg nie meer volksetimologie nie. Ons gebruik deesdae
sommer die Engelse of vreemde woord. Baie van die volksetimologie woorde is dus
argaïes.
Sommige is humoristies.
‘n Moderne woord waaraan ek nou dink,
is potgooi vir podcast. Is dit
volksetimologie of slegs ‘n direkte vertaling? Wat van woorde soos boks,
lorrie, tjips, têkkie ens. Volksetimologie of leenwoorde?
baiesukkel = bicycle
Baksteen = Buxton
blouhermaans = blanc mange
Bottelbier = Bartle Frere
bromkaatjies = bronchitis
die binnevet van die boud = benefit
of the doubt
dronknes = drunkeness
Duiwel-se-stypsteen = Theophilus
Shepstone
eendjiebyter = incubator
gedorie = Gods glorie
Gladsteen = Gladstone
halsband = husband
hanepoot = hanekloot
hangmat = hamaca
kamferfoelie = kamperfoelie
katjiepiering = katjoe-piring
(Maleis)
katteskeer = katkiseer
koperkapel = cobra de capello
(Portugees)
kosmyniks = cosmetics
kothuis = cottage
Krisjan Kaiings = Christian Science
Lang Jan = Lanyon
liddoring = likdoring (lik = lyf)
Martjie Louw = martial law
merrie-korhaan = merry-go-round
nagmerrie = nagmare (mare = spook)
neusbek = nosebag
oliekolonie = eau de cologne (Frans)
oorbietjie = oribi
orreltjie = orderly
pa se bul = passable
pynkelder = pain-killer
ratjietoe = ratatouille (Frans)
rofkas = rough-cast
Rooiversbul = Redvers Buller
rypatrys = repatriation
Saalsak, Meelsak en Appel-een-oog =
Sadrag, Mesag en Abednego
samboksalf = zambuk
seningblare of senuweeblare =
seneblare
settelaarspoeiers = Seidlitz-poeiers
silwerwortel = silver wattle
skeurbuik = scorbutus (Latyn)
Spaanse vlooi = Spanish flu
suikerkan = sugar cane
Trippelmerrie = Tipperary
vabond = vagebond
vel(d)stoel = valtstoel (valt = vou)
vir botter of vir wors = for better
or for worse
wee(r)luis = weegluis (weeg = muur)
witstippelmerrie = vegetable marrow
No comments:
Post a Comment