Tuesday, 22 November 2016

Die gras dra 'n ligte, geel skynsel, en as die wind daardeur golf, dan wissel die groen en geel sag vervloeiend af op die rustige deining. Linda se vingers speel met die ryp grassate waar sy wandel na die tuin toe. In haar oë slaan die gloed op van die volrype somergroei: die goudgerande blaartjies voor haar wat lewenskugter ritsel in die wind, asof hulle elke oomblik kan losruk om grond toe te dwarrel: die syige grassate wat so mollig aai deur haar hand en dan weer regop kom om fyn, glansig te tower met die lig van die stygende môre-son. Die beet kleur donkerpers in die klam aarde en 'n gloed van hartstog straal uit die donker rose langs die windpomp, die oopgaande knoppe een wonder van tere ontroering waaruit die geure van frissoet lewe kom en waarin doudruppels glans in verborge skoonheid. Dit is of die somer om haar 'n afskeidshimne sing, noudat die groei en lewe voldrae is, en alles weer oorgegee sal word aan die verkwyning in die najaar, wanneer die geel, deurskynende blare sal dwarrel van die borne, die sagte tuingrond 'n kleed van geel, sterwende blare sal wees, agter die mure in die koelte nog ryp sal skitter, ryp wat die aarde hard maak en glasig dood daaraan klewe, en in die wye lug 'n verlatenheid sal huiwer, diep en ontroerend, 'n verlatenheid wat vol heimwee is en afskeid, en saans tasbaar opkom uit die lang stroke spierwit grassaad waar­in die sterwende son se strale lê.

O, haar hart huiwer; sy is bang vir wat kom. Uit die volgroeide somerlewe, die vlammende kleurgeweld om haar, die swaar geur van vrugte in die boord, die deursonde struike en plante en die groot sonnehemel so wyd stralend oor alles, kom die boodskap na haar gewonde hart: afskeid. Dit is die ware betekenis van die lewe; dat in alles wat vir jou skoonheid was, waar jou hart aan hang of jy dit nooit kan verloor nie, die afskeid reeds te lees is. So huiwer die afskeid nou in die voldrae lewe om haar. Die lewe het sy groeikrag aan die aarde gegee. Soos 'n wilde gejuig van kleure en uitbrekende lewe het die lente gekom en toe verdiep in die rus en die erns van die somer, en nou moet die najaar kom, en die natuur sal gaan slaap, 'n slaap so stil soos die dood self. Maar later kom die herontwaking, as die kragte weer gis. Maar die mens wat sterwe? En Hannes? Nooit keer hy weer terug nie ... Maar nooit is die lewe dieselfde as dit terugkom nie, altyd anders en tog dieselfde skeppende kragte. Die lewe gaan voort, en tog wil al wat bestaan, dit bly behou ... Hoe kan hulle ooit verstaan hoe nietig en klein elkeen is in die groot Gang, wat net vir ‘n oomblik in hulle lewe ...


Aanvang van slothoofstuk uit C. M. van den Heever se Somer, Tweede uitgawe, Agste druk, 1979 J. L. van Schaik, Pretoria.

Thursday, 28 April 2016

VAN RIEBEECK SE GELOFTE


Met die koms van Jan van Riebeeck in 1652 na die Kaap begin ook ons eie erfenis van ede, gebede en geloftes. In die formuliergebed, wat Van Riebeeck by sy aankoms gebruik het, bid hy reeds tot die “Aller genadigste Vader” dat die Gereformeerde Christelike geloof ook mettertyd onder die heidene mag posvat.

Twee jaar later op Paasmaandag 6 April 1654 onderneem Van Riebeeck dat dié dag voortaan as dank- en biddag tot Gods eer gevier sal word.

Heden voor de tweede mael jarich sijnde dat wij door Godes Hulpe geleyde met de scheepen Drommedarus, Reyger ende Goede Hoope hier ter plaetse behouden sijn aengelandt omme dese fortresse ende colonie nae d’ ordre onser Heeren Meesters op te maecken ende stabileren, ende gemerckt Godt de Heere alle die saecken tot den dach van heden met veele segeningen wel ende gewenscht heeft laeten succederen ende voltrecken,
soo hebben beslooten, ende oock voor d’ eerste reyse begonnen, desen dach, den 6en April wesende, tot Godes eere met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vast blijvenden danck- ende bededach in te stellen, ten eynde daerbij des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen nooyt vergeten, maer altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden mogen worden.

Afrikaanse vertaling

Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met Gods hulp en leiding met die skepe Drommedarus, Reyger en Goede Hoope veilig hier aangeland het, om hierdie fort en kolonie na die opdrag van ons here en meesters op te bou en te vestig, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en gewens laat slaag en voltrek het, het ons besluit, en ook voordat die reis begin het, om hierdie dag, synde die 6e April, tot Gods eer met danksegging te vier en dit altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat die weldade wat God aan ons bewys het nooit deur ons nakomelinge vergeet word nie, maar altyd tot Gods eer voortdurend in gedagte gehou moet word.



REDUPLIKASIE

Die herhaling van 'n woord in Afrikaans word heeldikwels gebruik.

Voorbeelde is:

aan-aan
baie-baie
eet-eet
gou-gou
kolle-kolle
net-net
nou-nou
sit-sit
speel-speel
spring-spring
wil-wil

Die verskynsel word deur taalkundiges volle reduplikasie genoem. Daar is ook nog gedeeltelike reduplikasie. Dit is die herhaling van slegs woorddele soos in skat-skatryk, brand-brandmaer, gras-grasgroen. Volle reduplikasie vind mens wel in die tale van Europa, maar op 'n baie beperkte skaal. Die reduplikasie-patroon kom uit die Ooste. Waarskynlik is dié wyse van woordvorming ontleen aan Maleis. Maar verskeie Oosterse tale het dié produktiewe prosedure om woorde te maak.

In teenstelling tot sy Europese stamtale, veral Nederlands, is reduplikasie in Afrikaans hoogs produktief. Met ander woorde, ons voorsate het 'n paar gevalle van reduplikasie aan ander tale ontleen, en toe die patroon toegepas op ons ganse woordeskat.


Die reduplikasie woorde het soms 'n heel voorspelbare betekenis. Gou-gou beteken byvoorbeeld wel “baie gou”. Party woorde het 'n effens afwykende betekenis. Wil-wil beteken byvoorbeeld nie “baie wil” nie, maar “effens wil”. Ander reduplikasie woorde het die teenoorgestelde betekenis van die grondwoord soos byvoorbeeld nou-nou is beslis nie “dadelik” nie. Dit het meer die betekenis van “netnou”.
ARGAÏESE AFRIKAANSE WOORDE

Afrikaanse woorde wat mens deesdae nie meer baie hoor nie. Daar is seker nog baie.

aangeklam
aankomde
absent
afgedankste
almiskie
alteveel
altoos
amegtig
arbeider
arriewarrie
badskamer
beeldradio
beskimmeld
bil
boerematriek
boomgaard
boskasie
broekskeur
dartel
desnieteenstaande
dienaar
draadloos
drempel (vir ‘n drumpel)
duim (lengtemaat)
duit
elkaar
fiemies
flerrie
fraiing
friemel
frommel
frummels
gasie
gebelgd
gebroeders
gedoriewaar
gemakshuisie
generlei
gestig (vir ‘n inrigting)
gestreng
geswind
gevogelte
gewend
gewrog
ghienie
ginds
ginnegaap
ginnegaap
goedertieren
gomlastiek
gonsel
gopse
grammofoon
gramradio
haard
hardepad (vir straf)
heerskaar
hoera
hygend hert
iedereen
juts
karnallie
kasarm
keper
kleinhuisie
kloekmoedig
konfoor
kooi
kras
krokodiltrane
kwispedoor
lawaaiwater
ledekant
limiet
loei
lukraak
lummel
luns
lunsriem
luttel
maaifoerie
mitsgaders
moerskont (vir vabond)
napaadjie
neffens
negosie
noppies
oopspalk
oorlams
opskeploer
oulap
overgesetsynde
paaiboelie
paggerhout
palissanderhout
ploegbaas
poegaai
rededeel
siel uittrek
silwerkollekte
skaftyd
skarminkel
skoorsoek
slier
smyt
snotkoker
spekskiet
spens
sponning
spuitvliegtuig
stroef
swerkater
swernoot
swets
swetterjoel
telg
tierlantyntjies
timmerasie
toen(t)dertyd
tranedal
vaaljapie
vanslewe
vies
voldaan (vir kwitansie)
voorhuis
voorskoot
vroegstuk
woelag
woelig
woelwater

wroeg
SPES MEA FUMUS EST

SPES MEA FUMUS EST
Wyl ick, dus sit, en smoock een Pijpjen aen de haert,
Met een bedruckt gelaet, en oogen na de aerd,
d' Een elboogh onder 't Hooft, soeckt mijn gedacht de reden
Waerom 't geval my plaeght met so veel straffigheden?
De hoop daer op, (die my vast uytstelt dach, aen dach,
Schoon dat ick nooyt yet goets van al mijn hoopen sach)
Belooft my wederom haest tot mijn wensch te koomen:
En maeckt my grooter als een Keyzer van Out Romen.
Maar nauw ist smoockend kruydt verbrant tot stof, en asch,
Of 'k vind my in die standt daer ick voor dees’ in was:
En nauw sie ick de roock in yd’le lucht verswinden,
Of 'k segh, dat ick in 't minst geen onderscheyt kan vinden,
In, of ick leef of hoop, of dat 'k een pypje smoock;
Want 't een is niet als windt, en 't ander niet als rook:

Willem Godschalk van Focquenbroch – "Afrikaensche Thalia" (1678)

MY HOOP IS SOOS ROOK
Terwyl ek, hier sit, ‘n pypie te rook by die vuurherd,
Terneergedruk, oë na die grond gekeer,
Kop gestut op elmboog, soek ek in my binneste die rede
Waarom die noodlot my met soveel foltering kwel?
Die hoop, (wat my daagliks aan ‘n lyntjie hou,
Terwyl ek nooit iets goeds van al my hoop sien nie)
Beloof my opnuut snelle vervulling van al my wense:
En maak my groter as ‘n keiser van die ou Rome.
Maar nouliks is my smeulende tabak verbrand tot stof, en as,
of ek bevind my weer in dieselfde toestand as voorheen:
En nouliks het ek die rook sien verdwyn in die dun lug,
Of ek dink, dat ek nie die minste onderskeid kan vind,
Tussen lewe in hoop, en die rook van ‘n pypie,
Want die een is niks anders as wind, en die ander niks anders as rook.


© Afrikaanse vertaling deur Johan van Breda (2016)
Die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die),
de of het in Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as
de, der, des, dier, dien

Wat vir my baie interessant is, is die ou verboë naamvalsvorm van die bepaalde lidwoord (die), de of het in Nederlands wat in Afrikaans behoue gebly het as de, der, des, dier, dien.

Wat de duiwel doen jy?
Die Here der here.
Die dag der dae.
Jare der jare.
‘n Steen des aanstoots.
Kwelling des geestes.
Kind des doods.
Boom des lewens.
In my dag des lewens.
Des te meer.
In dier voege.
Met dien verstande.

Waar sal des- in die volgende bywoorde vandaan kom of wat beteken die des- ?
Desgelyks
Desnieteenstaande
Desnietemin
Desnoods
Desondanks

Destyds
Die agtervoegsel -skap

Die agtervoegsel -skap vorm abstrakte selfstandige naamwoorde
van byvoeglike naamwoorde:            blydskap, verwantskap
van selfstandige naamwoorde:
versamelwoorde:                                broederskap, vennootskap
woorde wat ‘gestalte, vorm, geaardheid, toestand, hoedanigheid' aandui:
                                                           ballingskap, kluisenaarskap
van werkwoorde:                                weddenskap, wetenskap

Wat is die oorsprong (etimologie) van die agtervoegsel –skap in Afrikaanse woorde soos:-

agentskap
ballingskap
bankrotskap
beterskap
blydskap
boodskap
broederskap
burgerskap
buurmanskap
dissipelskap
dronkenskap
eienaarskap
eienskap
gemeenskap
genootskap
gereedskap
geselskap
gevangeskap
graafskap
kameraadskap
landskap
leierskap
lidmaatskap
manskap
meesterskap
nalatenskap
ouerskap
rekenskap
ridderskap
seggenskap
swangerskap
vennootskap
verwantskap
vriendskap
weddenskap
wetenskap

Volksetimologie

Vind die vervorming in die volksmond van woorde uit ander tale wat vir ons vreemd klink en dan aangepas word om amper dieselfde in Afrikaans te klink, nog plaas? Ek dink die moderne Afrikaanssprekendes pleeg nie meer volksetimologie nie. Ons gebruik deesdae sommer die Engelse of vreemde woord. Baie van die volksetimologie woorde is dus argaïes.

Sommige is humoristies.

‘n Moderne woord waaraan ek nou dink, is potgooi vir podcast. Is dit volksetimologie of slegs ‘n direkte vertaling? Wat van woorde soos boks, lorrie, tjips, têkkie ens. Volksetimologie of leenwoorde?

baiesukkel = bicycle
Baksteen = Buxton
blouhermaans = blanc mange
Bottelbier = Bartle Frere
bromkaatjies = bronchitis
die binnevet van die boud = benefit of the doubt
dronknes = drunkeness
Duiwel-se-stypsteen = Theophilus Shepstone
eendjiebyter = incubator
gedorie = Gods glorie
Gladsteen = Gladstone
halsband = husband
hanepoot = hanekloot
hangmat = hamaca
kamferfoelie = kamperfoelie
katjiepiering = katjoe-piring (Maleis)
katteskeer = katkiseer
koperkapel = cobra de capello (Portugees)
kosmyniks = cosmetics
kothuis = cottage
Krisjan Kaiings = Christian Science
Lang Jan = Lanyon
liddoring = likdoring (lik = lyf)
Martjie Louw = martial law
merrie-korhaan = merry-go-round
nagmerrie = nagmare (mare = spook)
neusbek = nosebag
oliekolonie = eau de cologne (Frans)
oorbietjie = oribi
orreltjie = orderly
pa se bul = passable
pynkelder = pain-killer
ratjietoe = ratatouille (Frans)
rofkas = rough-cast
Rooiversbul = Redvers Buller
rypatrys = repatriation
Saalsak, Meelsak en Appel-een-oog = Sadrag, Mesag en Abednego
samboksalf = zambuk
seningblare of senuweeblare = seneblare
settelaarspoeiers = Seidlitz-poeiers
silwerwortel = silver wattle
skeurbuik = scorbutus (Latyn)
Spaanse vlooi = Spanish flu
suikerkan = sugar cane
Trippelmerrie = Tipperary
vabond = vagebond
vel(d)stoel = valtstoel (valt = vou)
vir botter of vir wors = for better or for worse
wee(r)luis = weegluis (weeg = muur)
witstippelmerrie = vegetable marrow

Wednesday, 27 April 2016

DIE VORMING VAN AFRIKAANS

KODDIGE TAALGEBRUIK VAN ONS VOORVADERS
SOOS OPGETEKEN UIT OU DOKUMENTE
IN DIE KAAPSTAD ARGIEFBEWAARPLEK

Die ou registers en dokumente in die Kaapstad argief lewer heel dikwels vreemde woorde en uitdrukkings sowel as eienaardige stukkies op, wat vandag vreemd op die oor val.

In die doopregisters word 'n onegte kind dikwels aangetoon as “in onecht geteeld”. Klink vandag baie soos diere wat geteel word! Indien die bruidegom 'n veeboer was, word sy beroep dikwels in die huweliksregister as "vee fokker" aangetoon. Na 'n man se vrou (eggenote) word deurgaans as "huijsvrouw van ..." verwys. Klink vandag baie soos 'n bediende. Vrouens se plek was nog kaalvoet, swanger en voor die stoof. Sophia Cloete, huijsvrouw van Jacob Cloete (stamvader) word so beskryf:-

Daer komende, wierden wy van de zwangere, half naekt loopende boerin (van Keulen geboortig), alsoo de man uit was, vriendelijk ontvangen in 't huysje sonder glasen [...].

Adam Tas se dagboek bevat 'n paar kostelike inskrywings van wyngebruik aan die Kaap in die jare 1705 en 1706. Sy taalgebruik en humorsin is iets besonders.

Hy was beslis 'n geestige mens en het duidelik humor aan die dag gelê met sy beskrywing van alledaagse gebeurtenisse. Die sieketrooster, destyds nog aangespreek as dominee, noem hy krankebedroever.

[...] Ook was 'er de krankebedroever Lussing, die vol zoeten wijns was. Mr. Paran was wacker bezig met den wijnroemer om te laaten gaan, zoodat ik wel haast vernam dat die vrund met goed regt voor een broeder van de natte gemeente mag werden te boek geslagen. Na aldaar een wijl geweest te zijn ben ik na huijs geslentert; [...]

Tas was ook 'n drinkebroer van die natgemeente. 'n Bra vrolike partytjie by sy buurman het blykbaar tot in die laatnag aangehou en toe hy uiteindelik vol soet wyn was, het hy en sy suster huistoe geloop. Sy perd, waarmee hy vroeër die dag vanaf die Tygerberg op die buurman se partytjie mee aangekom het, sonder dat hy eers huistoe was, het hy blykbaar net daar gelos. Hy skryf dat dit vir horn gevoel het of hy so reguit huistoe geloop het, asof hy met 'n tou getrek word. Maar toe hy by die huis tot rus kom, toe kon hy voel dat vader Bacchus met hom praat.

[...] voor de rest waaren we met elkanderen braaf vrolijk, 'twelk tot in de nagt duurde. Ik ben eijndelijk vol en zoet met suster na huijs geslentert en zoo rechtstreeks t'huijs gegaan off ik met een leijn getrocken wierde, maar toen ik thuijs in stilstand geraakte, bevond ik welhaast dat ik 't niet van hooren zeggen hadde, maar dat ik paaij Bachus zelfs hadde gesprooken.

Die volgende oggend skryf hy in sy dagboek dat hy glad nie goed gevoel het nie en dat hy so ietwat van stryk af was.

[...] Ik bevond mij desen morgen gansch niet wel en was zoo vrij wat van mijn stuk.

Toe sy buurman se blanke kneg, Arij, oorlede is, stuur hy kos en wyn oor vir die begrafnis. Sy kneg, Jacob, woon die begrafnis by en kom vertel die aand dat daar heelwat mense was, en dat daar kos oorgebly het maar dat die wyn opgeraak het. Daarmee was Tas tevrede, Arij het 'n behoorlike begrafnis gehad.

[...] Tegens de middag hebbe ik een ½ aam daar in 5 emmers wijn na Stellenbosch gesonden, alsmeede een Caabse ham, 3 bouten gebraden vleesch van een vette hamel en 3 brooden; daar konnen ze haar vrolijk mede maaken. Onze knegt Jacob s'avonds van de begraffenis weeder t' huijs komende, zijde mij datter vrij wat volk was geweest en datter nog een gedeelte van de Cost was overgeschoten, de wijn was uijtgeraakt, zodat Arij nog met goed fatsoen is begraven.

Heelparty besoekers wat die Kaap aangedoen het, het hul indrukke van die Vlek, soos die nedersetting algemeen bekend was, op skrif gestel. So skryf Johanna Maria van Riebeeck, kleindogter van Jan van Riebeeck, op 13 Januarie 1710 aan haar ouers in Batavia:-

[...] en buyten de Hottentots, dat heele lelycke en stinkende mense bennen, en soo benne de Hollanders in haar huyshouwen ook seer morsigh, en men siet hier aardige troonies van menschen, en hier is een aardigh mannier van leven.

Kaapstad beskryf sy as "hottentotaghtigh” en die kasteel en strate as,

Het casteel siet er miserabel slorsigh daaruyt, [...]. De stat is voor dese plaas redelijck groot, maar de wegen overal seer slordigh, vol met gaaten en hoog en laagh, dat lijckt als men rijt alsof men omvallen soude [...].

Die Goewerneur beskryf sy as:-

De goevernuer is een man die dagelijcks hout van uyt plesire te gaan met eenige jonge juffrouwen van sleght vatsoen, en met juffr: Munckerius dochter is hij seer familiaar, dat me soo een diertje lijckt.
Vertaling
Die goewerneur is 'n man wat daarvan hou om daagliks plesierig te verkeer met verskeie jong dames van swak karakter, en met Mev. Munckerius se dogter, wat vir my so 'n klein flirt voorkom, is hy baie intiem.

Die Goewerneur waarna verwys word, was Louis van Assenburgh, oud-offisier in die leër van die Keiser van Duitsland, goeie regeerder maar blykbaar 'n te groot vriend van Wyntjie en Tryntjie. Baie lief vir drank en vroumense!

Johanna Maria se eggenoot, Joan van Hoorn, skryf op 16 Maart 1710 aan sy skoonvader Abraham van Riebeeck, Goewerneur-generaal in Batavia:-

Maar d' Hr Gouverneur van Assenburgh heeft een aardig spreekwoord:- 't is of de Caab van vretten en suypen aan malkander hangt' [...] want alle thuynen zijn wijngaarden, en in of bij of voor 't meeste alle pers daar wijn uyt [...]
Vertaling
Maar die Heer Goewerneur van Assenburgh het 'n eienaardige spreekwoord:- 'Dit is asof die Kaap van vreet en suip aan mekaar gesit is'. [...] want alle tuine het wingerd en min of meer die meeste inwoners pars hul eie wyn.

Otto Frederick Mentzel, gebore 26.02.1709 iewers in Brandenburg, Duitsland, VOC soldaat aan die Kaap vanaf 1732 of 1733, het die Kaap per abuis op die 2de of 3de Januarie 1741 verlaat. Hy skryf drie boekdele oor sy verblyf aan die Kaap. Hierdie beskrywings van Kaapstad is dus van die jare 1732 tot 1740.

Hy skryf van 'n grot in die Steenbergen met die naam "Nero's cave or Madame haar Gat"

Maar seker die mees komiese stukkie in sy werke is die beskrywing van slawetaal aan die Kaap:-

But, if the knecht does not give the servants enough to eat, the slaves would on occasion complain about it and the proprietor would have to consider such complaints: for in such case every slave assumes the right to say: "Kammene Kumi, Kammene Kuli" which means: "If I have nothing to eat, I cannot work". The loose female slaves however, whose favours the sailors might wish to enjoy gratis say: "Kammene Kas, Kammene Kunte" which means: "If you have no money, I have no …" [Letterlik "No cash, no cunt"]

Michiel van Breda van Oranje Zigt teken op 23.11.1821 in sy dagboek aan:-

Jefta te huijs gekoome met de hol verstopt vol pitte, A:B: Cronbe [Abercrombie?] met de vinger uijt gekrapt. [Wonder of hy te veel turksvye geëet het? Waatlemoen kon November seker nog nie ryp gewees het nie!]

Op Zoetendals Valleij skryf Michiel van Breda in sy instruksies aan sy voorman,

Geen vreemd volk uit de buurt of elders zal des nagts hier op de plaats moogen vernagten of koomen kuijeren wijl zulks altoos kwaade gevolgen na zig sleept. [Vandag nog waar!]

Verder meld hy dat,

Rooderik moet zonder verzuim s'morgens en s'avonds springen tot dat alle de merries goed gedekt zijn al was 't ook tot den 20 December.

Op 8 April 1845 verklaar Andries Pretorius dat hy as Kommandant-Generaal reeds 'n geruime tyd gelede 'n kar van Michiel van Breda geleen het om as kanonwa te gebruik en dat die kar tans stukkend lê op die plaas van Hendrik Pretorius. Die Raad moet oor die herstelwerk besluit.

            De Raad besluijt zich met de kar niet te bemoeien. [!]

Samuel Hudson skryf in 1803:-

In this Colony intermarriages are so frequent that the whole of the Inhabitants are related. I recollect when General Jansens first took upon him the Government of the Cape of Good Hope he was consulting with a very worthy Friend of mine, a Mister Rheinens, concerning the necessity of newmodeling the constitution and if possible indicating the vices and corruptions of the generality of the People. An Herculean labour it would have proved. 'How,' cries His Excellency 'is this to be done?' My friend whose penetration was equal to the goodness of his heart said: 'General this may be done by banishing root and branch four of the principal Families of the Cape: The Van Reinens, the Cloetez, The Bredaus and The Exteens.' Now these Families were so interwoven with each other and with nearly the whole of the colony that there must have been a general clearance. This the Governor was convinced of and gave up the Attempt.
Verklarende vertaling
Goewerneur Lt-genl Jan Willem Janssens wou met sy diensaanvaarding in 1803 van die voormalige sekunde Johannes Izaak Rhenius weet hoe hy die kolonie kon hervorm met moontlike aanduiding van wanpraktyke en korrupsie oor die algemeen van die inwoners. Hierop het Rhenius voorgestel dat vier van die vooraanstaande families aan die Kaap, Van Reenen, Cloete, Van Breda en Eksteen wortel en tak verban moet word, maar bygevoeg dat hulle deur ondertrouery met mekaar en ook met amper elke ander familie aan die Kaap, almal familie van mekaar was en dus sou amper die hele kolonie verban moes word. Die goewerneur het die saak maar daar gelaat.

Alexander van Breda het selfs die mis op sy plaas Boshof in Nuweland in sy testament bemaak.

[...] Dan nog begeer ik, dat al de Mist, welke by myne overlyden op de Plaats Boshoff voorhanden zal zyn, verblyven zal aan den Bezitter van gemde Plaats als deszelfs eigendom, met dien verstande echter, dat de Eigenaar van de Plaats Bosbeek geregtigd zal zyn tot Twintig Wagen vragten van gezde Mist zonder eenige betaling.
Aldus nader Gedisponeerd ter
Plaatze Boshoff, den 5den August, 1833.
[Geteken] A van Breda

Maria Smit, weduwee van Barend Burger (stamvader), het die buurman se kneg met 'n sweep geslaan en toe die slawe geroep:-

[...] de vrouw roepende nouw jongens maak de honden los, en nouw de honden op 't lijf

Testamente is ‘n ryk bron van kultuurhistoriese gegewens. Alhoewel testamente somber en plegtige dokumente is, bied die ou Nederlandse teks soms koddige sinsnedes op.

Simon van der Stel skryf in sy testament dat hy na oordenke tot besef gekom het van die broosheid en swakheid van die mens se lewe op hierdie aarde, verganklik soos ‘n skaduwee en dat niks sekerder is as die dood nie, en daarenteen niks onsekerder as die tyd en uur daarvan, derhalwe het hy besluit om alvorens hy hierdie tranedal verlaat sy aardse goedere te bemaak ...  

[...] de broos en swakhijt van S’ menschen Leeven op deeser aarde, als een Schaduwe vergankelijk, en datter niet seekerder is dan de dood, en daar en teegen niets onsekerder dan de tijd en uuren van dien, dierhalven te raade was geworden alvoorens uijt dit tranendal te Schijden, van sijn tydelijke goederen hem van God Almagtig uijt genaden mildelijk verleend, uijtterlijk bevoolen en gedisponeert te hebben, ‘t Zelve doende Soo den Ed: Hr: Compt: opentlijk verklaarde uijt een vrije en onbedwonge gemoed, sonder Inductie, persuasie ofte mislijdinge van iemand ter weereld, Eerst en alvoorens bevelende zijn onsterfelijke Siele, na dat die uijt het Sterffelijke lighaam sal verhuijst weesen, in de Genadigen barmhertige handen Gods, zijnen Schepper en hemelsche Vader, en het doode Lighaam den Schoot der aarde met eenen Eerlijke begravinge [...]  


Saturday, 5 March 2016

Onsterflikheid tot in my nageslag is wat ek begeer,
net soos ek my voorgeslag nou vereer.
My gene voortgedra na ‘n ander tyd
onafskeidbaar tot in ewigheid.
Vir ewig sal hul deel van my wees,
in voorkoms, liggaam en gees.

© Johan van Breda
2003


Om dood te gaan is geen kuns nie; die slegste kry dit reg. 
Om te lewe is ‘n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. 
C J Langenhoven

Die tragedie van die lewe is nie dat dit so vinnig oor is nie,
maar dat ons so lank wag voordat ons daarmee begin. 
W M Lewis

Tyd is die geld van jou lewe.
Net jy kan bepaal hoe dit bestee moet word.
Pasop dat ander mense dit nie namens jou bestee nie.
Carl Sandburg

Dum Vivimus Vivamus
Terwyl ons leef, laat ons leef.

Geskiedenis gee lewe aan die herinnering,
dit is die boodskapper van die verlede.
Cicero

Waardeer die gewoontes en gebruike wat van jou voorouers af kom. 
Dis nie die boom wat in een jaar uitgroei waar jy sterk hout kan saag nie.
C J Langenhoven

Ondervinding is ‘n harde leermeester omdat
dit eers die toets gee en dan die les daarna.
Vernon Law

‘n Woord is soos ‘n by, dit het heuning en ‘n angel.
Talmud

Die verskil tussen die regte woord en amper die regte woord
is soos die verskil tussen weerlig en ‘n vuurvliegie.
Mark Twain

Die dofste ink is beter as die beste geheue.

Chinese spreekwoord

Wednesday, 2 March 2016

Exordium of the
Last Will and Testament
of
Simon van der Stel
MOOC 7/1/2 – 55
dated

1 March 1712


Inleiding van die
 Testament van
Simon van der Stel
MOOC 7/1/2 – 55
Gedateer
1 Maart 1712

© Transcription by Johan van Breda
___________________________________________________________

                                                                                                                        55

In den Name Godes Amen,
bij den Inhoude van dit Jegewoordig openbaar in=
strument, zij kennelijk die ‘t behoord dat op
huijden in den Jaare na de Geboorte onses
heeren en Saligmakers Jesu Christi een duijsend
seeven hondert en twaalf op den eersten
dagh der maand maard ‘s middags de Clokken
omtrent een uuren voor mij Daniel Thibault, Se=
cretaris van den E: agtb: raad van Justitie
deeses Gouvernements in presentie van de
naargene: getuijgen, verscheenen is den wel
Ede: Hr: Simon van der Stel oud Raad Extraords:
van India en Gouverneur in Loco, siekelijk van
Lighaame, dogh sijn verstand Sinnen en memo=
rie volkomen magtigh en gebruijkende soo
ons bij ‘t passeeren deeses bleek, te kennen
geevende, hoe bij sijn Eden: was overdagt, de broos
en swakhijt van S’ menschen Leeven op deeser aar=
de, als een Schaduwe vergankelijk, en datter
niet seekerder is dan de dood, en daar en teegen
niets onsekerder dan de tijd en uuren van dien,
dierhalven te raade was geworden alvoorens uijt
dit tranendal te Schijden, van sijn tydelijke goederen

hem van God Almagtig uijt genaden mildelijk
verleend, uijtterlijk bevoolen en gedisponeert
te hebben, ‘t Zelve doende Soo den Ed: Hr: Compt:
opentlijk verklaarde uijt een vrije en onbedwonge
gemoed, sonder Inductie, persuasie ofte mislijdin=
ge van iemand ter weereld, Eerst en alvoorens
bevelende zijn onsterfelijke Siele, na dat die
uijt het Sterffelijke lighaam sal verhuijst
weesen, in de Genadigen barmhertige handen Gods,
zijnen Schepper en hemelsche Vader, en het doode
Lighaam den Schoot der aarde met eenen Eerlijke
begravinge;   




Tuesday, 1 March 2016

He that wishes to be counted among the benefactors of posterity, must add by his own toil to the acquisitions of his ancestors.

Samuel Johnson: Rambler #154 (September 7, 1751)

Onsterflikheid tot in jou nageslag word deur jou eie toedoen as voorvader verwerf.

© In Afrikaans vertaal deur Johan van Breda

Monday, 29 February 2016

DIE GATKANT VAN AFRIKAANS

Afrikaans is seker een van die min tale waarin die woord “gat” in so baie verskillende vorme gebruik word. Selfs onlangse Afrikaanse films het “Gatvol”, “Bakgat” en “Vaatjie sien sy gat” as titels gehad. Nederlanders begryp ook nie altyd ons "gat"-woorde nie want dié woorde is so eie aan Afrikaans. Sommige mense sal sê dat van hierdie woorde vulgêr klink en nie in goeie geselskap gebruik kan word nie, maar ons gebruik hulle almal, en nie baie spaarsamig nie. Baie van hierdie woorde is onvertaalbaar en om sinonieme daarvoor te vind is ook nie altyd so maklik nie. Hoe meer eiesoortig 'n woord in sy betekenis is, hoe moeiliker is dit om te omskryf. Mens verduidelik gewoonlik 'n woord by wyse van iets soortgelyks, en dis net daar waar jy vasval. Soms is dit selfs moeilik om 'n Engelse ekwivalent te vind – jy kry dit net nie so gesê in 'n ander taal nie. Hoe weet ons dan self wat dié woorde beteken? Skynbaar leer ons dit aan bloot deur die herhaaldelike aanhoor en gebruik daarvan in verskillende kontekste of situasies. 'n Ander manier om 'n woord se betekenis te verduidelik, is deur dit in 'n sin te gebruik. En tog werk dit nie met hierdie klompie woorde nie. 

As iemand byvoorbeeld sou sê "Koos se partytjie was maar ingat", kan dit een van baie dinge beteken, maar jy kry nietemin die idee dat jy niks gemis het nie. As jy sê "die tuin lyk maar ingat", kan dit weer heel iets anders beteken soos dat die tuin te droog is of swak beplan is ens. Die woord “ougat” beteken volgens die HAT oulik of ouderwets. Maar vir die Afrikaner is daar tog effe van ‘n betekenisverskil. Kom ons sê “Alle oulike babas is nie ougat nie”. Ougat word darem altyd in ‘n positiewe betekenis gebruik alhoewel die woord met die eerste oogopslag nie so voorkom nie.

'n Ander voorbeeld is "bakgat" - ewe onvertaalbaar, en ewe wyd in sy betekenis. So ook is "ingat" amper nog moeiliker om uit te lê; en tog weet ons presies wat die ander een bedoel as iets op die manier beskryf word. En wat van "gomgat", wat boonop as "gomgatterig" vervorm kan word? "Blinkgat" is baie soos "windgat", maar tog nie sinoniem nie. Mens kan "windgat" wees sonder dat jy "blinkgat" is. Terselfdertyd kan "ingat" maklik as die teenoorgestelde van "bakgat", "windgat" en "blinkgat" gebruik word. "Ingat" is dus 'n woord met vele gebruikstoepassings, waar jy slegs uit die konteks onmiddellik kan aflei wat die spreker bedoel. "Slapgat" is miskien 'n bietjie meer spesifiek in sy betekenis, en tog kan dit dui op 'n mens of 'n houding wat as "lui", "nalatig", "onentoesiasties" of 'n menigte ander dinge bestempel kan word. Nietemin weet ons presies wanneer "slapgat" die mees gepaste woord is, en binne watter tipe taalregister mens dit kan gebruik. Binne 'n formele konteks sal hierdie "gatterige" woorde nie deug nie; en sou jy dit wel daar gebruik, is dit 'n aanduiding dat jy nou gatvol is van die slapgatgeit. 

Verder staan "gat" dikwels op sy eie, soos in "Jan het sy gat gesien", of "Piet het sy naam gat gemaak". Mens kan selfs "gat" of "gatterig" voel maar dit beteken telkens iets anders. 

gat, noun, (1) hole
gat, noun, (2) arse, bottom, backside

The Afrikaans word “gat” is used in so many forms. Even  recently released Afrikaans films were titled “Gatvol”, “Bakgat” and “Vaatjie sien sy gat”. Some will say many of these words are vulgar but we all use them. Many of these words are not translatable and to find synonyms is not always easy. These words have distinctive meanings and are difficult to define.

bakgat! = well done! or good 
blinkgat = braggart
dronkgat = drunkard
gomgat = lout, bumpkin, uncouth person
hardegat = cocky, impudent, arrogant, hard-nosed
ingat = no-good, wretched, feeble or stingy
keelgat = gullet
maergat = skinny person
ougat = cute
slapgat = lazy, negligent, neverminded person
suipgat = drunkard
vetgat = fatty, fat-guts
vuilgat = dirty fellow
windgat = braggart

gat voel = not feeling well
gat wip = take offence unreasonably
gatterig wees = not feeling well
gatkant = back
gatkruiper = lickspittle
gatlekker = lickspittle
gatskuur = a person who likes to drive around a lot
gatvol = fed up, have had it
‘n Gat in die dag slaap. = sleep late into the day
‘n Gat in die lug. = an air pocket
‘n Gat inslaan. = stave
‘n Gat toestop. = settle an account
‘n Gat vir iemand grawe en self daarin val. = fall into a trap one has set for another
‘n Gat vul. = stop a gap
‘n Hak aan jou gat sit. = gedurig deure oop los. = close the doors behind you 
Aan my gat karring. = neul. = nag
Daar is ‘n gat in sy beursie. = throw money about, spend up to the hilt
Deur jou gat trek. = verniel. = spoil, illtreat, ruin
Die wêreld het sy gatkant vir hom gewys. = the world turned its back on him
Dit was by die gat af. = it was touch and go
G’n gat in iets sien nie. = see no way out of a difficulty
Gat omgooi. = change one’s mind completely
Gat oor kop. = head over heels
Gat oor kop slaan = turn a somersault
Gat toesteek. = iemand onderkruip. = stab in the back
Gate uit geniet. = have no end to one’s pleasure
Hoog met die gat wees. = swanger = pregnant
Hulle woon in ‘n gat van ‘n plek. = they live in a (wretched) hole (of a place)
Hy hang alles wat hy verdien aan sy gat. = spend all his money on clothing
Hy is sommer ‘n regte gat. = uncouth person
Hy kan sy gat nie roer nie. = very busy or followed by another person
Hy maak ‘n gat van my. = make a fool of me
Hy neem (vat) my vir ‘n gat. = think I am a fool
Hy pluk ‘n lat vir sy eie gat. = he is digging a pit for himself
Iemand ‘n gat in die kop praat. = talk a person into a foolish thing
Iemand in die gate hou. = keep an eye on someone
Iemand onder sy gat skop. = a kick in the pants; get rid of someone; fired
Iemand se gat jeuk. = brand om iets te doen. = fume with impatience
Iemand se gat lek. = iemand soebat, smeek. = toady to someone
In sy gat geknyp wees. = scared (to death)
Jou gat sien. = misluk. = failed, turned out badly
Jou gat uitleen. = te goedhartig wees. = kindhearted, Mr Nice Guy
Jou naam gat maak = ongewild = to make a fool of yourself
Met die Bybel onder die arm en die duiwel in die gat. = skynheilig. = hypocritical
Met jou gat in die botter val. = geluk. = strike a luck
Moenie ‘n gat van jou maak nie. = don’t make a bloody fool, an ass of yourself
Nie ‘n naald (nael) hê om sy gat mee te krap nie. = brandarm. = destitute
Op jou gat kry. = get a hiding
Roer jou gat! = be quick!
Sy broek se gat. = the seat of his pants
Sy gat aan my afsmeer. = nie aan my steur nie. = he did not take any notice of me, he did
            not listen to me
Sy gat is dik. = kwaad. = angry, cross
Tweegatjakkals = huigelaar. = hyprocrite, lead a double life
Van die naald aan die gat. = nuwe klere dadelik aantrek. = wear new clothes immediately