DIE GATKANT VAN AFRIKAANS
Afrikaans is seker een van die min
tale waarin die woord “gat” in so baie verskillende vorme gebruik word. Selfs
onlangse Afrikaanse films het “Gatvol”, “Bakgat” en “Vaatjie sien sy gat” as
titels gehad. Nederlanders begryp ook nie altyd ons "gat"-woorde nie
want dié woorde is so eie aan Afrikaans. Sommige mense sal sê dat van hierdie
woorde vulgêr klink en nie in goeie geselskap gebruik kan word nie, maar ons
gebruik hulle almal, en nie baie spaarsamig nie. Baie van hierdie woorde is
onvertaalbaar en om sinonieme daarvoor te vind is ook nie altyd so maklik nie.
Hoe meer eiesoortig 'n woord in sy betekenis is, hoe moeiliker is dit om te
omskryf. Mens verduidelik gewoonlik 'n woord by wyse van iets soortgelyks, en
dis net daar waar jy vasval. Soms is dit selfs moeilik om 'n Engelse ekwivalent
te vind – jy kry dit net nie so gesê in 'n ander taal nie. Hoe weet ons dan
self wat dié woorde beteken? Skynbaar leer ons dit aan bloot deur die
herhaaldelike aanhoor en gebruik daarvan in verskillende kontekste of situasies.
'n Ander manier om 'n woord se betekenis te verduidelik, is deur dit in 'n sin
te gebruik. En tog werk dit nie met hierdie klompie woorde nie.
As iemand byvoorbeeld sou sê
"Koos se partytjie was maar ingat", kan dit een van baie dinge
beteken, maar jy kry nietemin die idee dat jy niks gemis het nie. As jy sê
"die tuin lyk maar ingat", kan dit weer heel iets anders beteken soos
dat die tuin te droog is of swak beplan is ens. Die woord “ougat” beteken
volgens die HAT oulik of ouderwets. Maar vir die Afrikaner is daar tog effe van
‘n betekenisverskil. Kom ons sê “Alle oulike babas is nie ougat nie”. Ougat
word darem altyd in ‘n positiewe betekenis gebruik alhoewel die woord met die
eerste oogopslag nie so voorkom nie.
'n Ander voorbeeld is
"bakgat" - ewe onvertaalbaar, en ewe wyd in sy betekenis. So ook is
"ingat" amper nog moeiliker om uit te lê; en tog weet ons presies wat
die ander een bedoel as iets op die manier beskryf word. En wat van
"gomgat", wat boonop as "gomgatterig" vervorm kan word?
"Blinkgat" is baie soos "windgat", maar tog nie sinoniem
nie. Mens kan "windgat" wees sonder dat jy "blinkgat" is.
Terselfdertyd kan "ingat" maklik as die teenoorgestelde van
"bakgat", "windgat" en "blinkgat" gebruik word.
"Ingat" is dus 'n woord met vele gebruikstoepassings, waar jy slegs
uit die konteks onmiddellik kan aflei wat die spreker bedoel.
"Slapgat" is miskien 'n bietjie meer spesifiek in sy betekenis, en
tog kan dit dui op 'n mens of 'n houding wat as "lui",
"nalatig", "onentoesiasties" of 'n menigte ander dinge
bestempel kan word. Nietemin weet ons presies wanneer "slapgat" die
mees gepaste woord is, en binne watter tipe taalregister mens dit kan gebruik.
Binne 'n formele konteks sal hierdie "gatterige" woorde nie deug nie;
en sou jy dit wel daar gebruik, is dit 'n aanduiding dat jy nou gatvol is van
die slapgatgeit.
Verder staan "gat" dikwels
op sy eie, soos in "Jan het sy gat gesien", of "Piet het sy naam
gat gemaak". Mens kan selfs "gat" of "gatterig" voel maar
dit beteken telkens iets anders.
gat, noun, (1) hole
gat, noun, (2) arse, bottom, backside
The Afrikaans word “gat” is used in
so many forms. Even recently released
Afrikaans films were titled “Gatvol”, “Bakgat” and “Vaatjie sien sy gat”. Some
will say many of these words are vulgar but we all use them. Many of these
words are not translatable and to find synonyms is not always easy. These words
have distinctive meanings and are difficult to define.
bakgat! = well done! or good
blinkgat = braggart
dronkgat = drunkard
gomgat = lout, bumpkin, uncouth
person
hardegat = cocky, impudent, arrogant,
hard-nosed
ingat = no-good, wretched, feeble or
stingy
keelgat = gullet
maergat = skinny person
ougat = cute
slapgat = lazy, negligent,
neverminded person
suipgat = drunkard
vetgat = fatty, fat-guts
vuilgat = dirty fellow
windgat = braggart
gat voel = not feeling well
gat wip = take offence unreasonably
gatterig wees = not feeling well
gatkant = back
gatkruiper = lickspittle
gatlekker = lickspittle
gatskuur = a person who likes to
drive around a lot
gatvol = fed up, have had it
‘n Gat in die dag slaap. = sleep late
into the day
‘n Gat in die lug. = an air pocket
‘n Gat inslaan. = stave
‘n Gat toestop. = settle an account
‘n Gat vir iemand grawe en self
daarin val. = fall into a trap one has set for another
‘n Gat vul. = stop a gap
‘n Hak aan jou gat sit. = gedurig
deure oop los. = close the doors behind you
Aan my gat karring. = neul. = nag
Daar is ‘n gat in sy beursie. = throw
money about, spend up to the hilt
Deur jou gat trek. = verniel. =
spoil, illtreat, ruin
Die wêreld het sy gatkant vir hom
gewys. = the world turned its back on him
Dit was by die gat af. = it was touch
and go
G’n gat in iets sien nie. = see no
way out of a difficulty
Gat omgooi. = change one’s mind
completely
Gat oor kop. = head over heels
Gat oor kop slaan = turn a somersault
Gat toesteek. = iemand onderkruip. =
stab in the back
Gate uit geniet. = have no end to
one’s pleasure
Hoog met die gat wees. = swanger =
pregnant
Hulle woon in ‘n gat van ‘n plek. =
they live in a (wretched) hole (of a place)
Hy hang alles wat hy verdien aan sy
gat. = spend all his money on clothing
Hy is sommer ‘n regte gat. = uncouth
person
Hy kan sy gat nie roer nie. = very
busy or followed by another person
Hy maak ‘n gat van my. = make a fool
of me
Hy neem (vat) my vir ‘n gat. = think
I am a fool
Hy pluk ‘n lat vir sy eie gat. = he
is digging a pit for himself
Iemand ‘n gat in die kop praat. =
talk a person into a foolish thing
Iemand in die gate hou. = keep an eye
on someone
Iemand onder sy gat skop. = a kick in
the pants; get rid of someone; fired
Iemand se gat jeuk. = brand om iets
te doen. = fume with impatience
Iemand se gat lek. = iemand soebat,
smeek. = toady to someone
In sy gat geknyp wees. = scared (to
death)
Jou gat sien. = misluk. = failed,
turned out badly
Jou gat uitleen. = te goedhartig
wees. = kindhearted, Mr Nice Guy
Jou naam gat maak = ongewild = to
make a fool of yourself
Met die Bybel onder die arm en die
duiwel in die gat. = skynheilig. = hypocritical
Met jou gat in die botter val. =
geluk. = strike a luck
Moenie ‘n gat van jou maak nie. =
don’t make a bloody fool, an ass of yourself
Nie ‘n naald (nael) hê om sy gat mee
te krap nie. = brandarm. = destitute
Op jou gat kry. = get a hiding
Roer jou gat! = be quick!
Sy broek se gat. = the seat of his
pants
Sy gat aan my afsmeer. = nie aan my
steur nie. = he did not take any notice of me, he did
not
listen to me
Sy gat is dik. = kwaad. = angry,
cross
Tweegatjakkals = huigelaar. =
hyprocrite, lead a double life
Van die naald aan die gat. = nuwe
klere dadelik aantrek. = wear new clothes immediately
No comments:
Post a Comment