Sunday, 28 February 2016

Nothing withstands the ravages of time

Sonnet 65

Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea,
But sad mortality o'ersways their power,
How with this rage shall beauty hold a plea,
Whose action is no stronger than a flower?
O, how shall summer's honey breath hold out
Against the wrackful siege of batt’ring days,
When rocks impregnable are not so stout,
Nor gates of steel so strong, but Time decays?
O, fearful meditation! Where, alack,
Shall Time's best jewel from Time's chest lie hid?
Or what strong hand can hold his swift foot back?
Or who his spoil of beauty can forbid?
O, none, unless this miracle have might,
That in black ink my love may still shine bright.

William Shakespeare

Niks weerstaan die tand van die tyd nie

Sonnet 65

Geen koper, of klip, of die aarde, of die grenslose see,
Is bestand teen die droewige dood se krag,
Hoe sal skoonheid teen hierdie vernietiging ‘n plan kan smee,
Met ‘n mag skaars groter as ‘n blom se krag?
O, hoe sal die somer se geure kan weerstand bied
Teen die wraaklustige stryd van felle dae, 
As ondeurdringbare rotse nie eens rigied,
En hekke van staal, nie so sterk staan, teen Tyd se aanslae?
O, vreesbevange bepeinsing!  Waar, helaas, nou,
Sal Tyd sy mooiste sieraad in sy boesem versteek?
Of watter kragtige hand kan sy vlugge voet terughou?
Of wie sal sy vernietiging kan verbreek?
Tog, niemand, tensy die wonderwerk oor krag beskik,
Dat in swart ink my woorde steeds helder mag skyn.

In Afrikaans vertaal deur Johan van Breda

Die hardste metale, klip, die aarde, die eindelose see, niks is bestand teen die veroudering, verbrokkeling en vernietiging wat tyd meebring nie. Tyd se werktuie die son, die reën, die wind, die roes, die mot, die wurm – kan jy nie oorwin nie. Jy kan jou denke probeer verewig en uitgraveer in metaal of uitkap in klip maar tyd sal dit vernietig. Shakespeare het blykbaar vergeet dat paper ook maar broos is en dat ink verdof. Helaas, sy woorde het darem gelukkig bewaar gebly. 

Deesdae kan ons rugsteunlêers maak van ons skryfwerk en op hardeskyf, kompakskyf of digitale videodisket bêre tot in ewigheid indien daar nog stelsels sal bestaan wat dit kan lees!


No comments:

Post a Comment