WATTER DAG WAS DIT?
OF WATTER DAG SAL DIT WEES?
Jy
kan sonder ‘n kalender bepaal op watter dag van die week ‘n sekere datum geval
het of nog sal wees in die toekoms.
Sedert
1582 bepaal die Gregoriaanse kalender dat elke vierde jaar ‘n skrikkeljaar (366
dae) sal wees, behalwe eeu-jare wat nie deelbaar deur 400 is nie. Dus was 1700,
1800 en 1900 nie skrikkeljare nie, maar 1600 en 2000 was wel skrikkeljare.
1
Januarie 1600 was ‘n Saterdag.
1
Januarie 1700 was ‘n Vrydag.
1
Januarie 1800 was ‘n Woensdag.
1
Januarie 1900 was ‘n Maandag.
1
Januarie 2000 was ‘n Saterdag.
DIE SOM WORD SO GEDOEN
Neem
die dag van die maand.
Tel
die maand se waarde by volgens die tabel.
Tel
by die laaste twee syfers van die jaartal.
Tel
‘n kwart van die jaartal by, sonder inagneming van die res wat oorbly.
Tel
die eeu se waarde by volgens die tabel.
Tel
alles op en deel deur sewe.
Die
syfer wat oorskiet na die deelsom dui die weekdag aan volgens die tabel.
MAANDWAARDES
J F M
A M J J
A S O N D
1 4 4 0 2 5 0 3 6 1 4 6
0 3 = In skrikkeljare.
EEUWAARDES
1600
- 1699 = 6
1700
- 1799 = 4
1800
- 1899 = 2
1900
- 1999 = 0
2000
- 2099 = 6
ANTWOORD IS DIE DAG VAN DIE
WEEK
S M D
W D
V S
1 2 3 4 5 6
0
Byvoorbeeld, ons weet almal dat 16 Desember 1838 was
op ‘n Sondag. Nou kom ons toets bogenoemde formule.
Neem
die dag van die maand 16
Tel
die maand se waarde by volgens die tabel 6
Tel
by die laaste twee syfers van die jaartal 38
Tel
‘n kwart van die jaartal by,
sonder
inagneming van die res wat oorbly 9
Tel
die eeu se waarde by volgens die tabel 2
Tel
alles op 71
Deel
deur sewe 10
res 1
Die
syfer wat oorskiet na die deelsom, dws 1
dui
die weekdag aan volgens die tabel 1 = Sondag
No comments:
Post a Comment