MUNTE,
MATE EN GEWIGTE
IN GEBRUIK AAN DIE KAAP
GEDURENDE DIE
IN GEBRUIK AAN DIE KAAP
GEDURENDE DIE
AGTIENDE EN
NEGENTIENDE EEU
Voor die koms van Jan van
Riebeeck was hier geen geldstelsel aan die Kaap bekend nie. Besoekende skepe
het van ruilhandel gebruik gemaak om met die inboorlinge handel te dryf. Vee is
geruil vir koper, krale, tabak, komberse, brandewyn ensovoorts. Die gebruik het
na die stigting van die verversingstasie voortgeduur. Die munte wat Jan van
Riebeeck aan boord gehad het met sy landing op 6 April 1652 was die Spaanse
agtreaal.
Die monetêre toestand aan die
Kaap gedurende die agtiende eeu was kompleks met 'n groot verskeidenheid van
munte in sirkulasie. Reeds so vroeg as 4 Augustus 1661 word ‘n plakkaat
uitgereik om die omloop van vuijl, lelick gelt aan bande te lê. Daar word gemeld dat daar daagliks
ondervind word dat al hoe meer en meer verscheijde
gelden wat in die Ooste nie aanvaarbaar is nie deur die kompanjiedienaars
en vryburgers ontvang en uitgegee word. Hulle word dus gewaarsku om die
ondergenoemde gespesifiseerde geldstukke nie te ontvang of uit te gee nie en
kan beboet word met twee reale van agt vir die eerste oortreding en dubbel vir
die tweede. Dié geldeenhede moet binne 48 uur vanaf publikasie van die plakkaat
gewissel en ingetrek word by die kantoor in die fort en die wat versuim om dit te
doen sal nie vergoed word nie.
De Spaense matten genaemt Paternosters off Peruanen.
De Spaense matten daer de 2 pilaren van Hercules op staen genaemt Plus
Ultra.
De daelders van 28 stuijvers.
Alle 8 stuijvers penningen.
Flabbe ofte 4 stuijvers penningen.
Alle dubbelde stuijvers sonder Leeuwen.
Idem alle halve schellingen.
Mitsgaders alle enckelde stuijvers sonder pijlen, sulcx alleen van de
stuijvers geen ander als die met de 7 pijlen van onsen algemeene staet gemunt
syn, in wandelinge genaemt beesem stuijvertjes,
gangbaer sullen wesen.
Alleenlik die besem stuiwertjie,
'n muntstuk ter waarde van 5 sent, was aanvaarbaar. Die bondel pyle wat daarop
uitgebeeld was, het mense waarskynlik aan 'n besem laat dink.
[Kaapstad Argiefbewaarplek C. 2, pp. 226 – 228.]
Die VOC het eers in 1726 sy
eie munte uitgereik. Destyds is die geld van een land nog vrylik in ander lande
gebruik. Alhoewel 'n groot verskeidenheid van munte dus hul weg na die Kaap
gevind het, was hier nooit 'n oorvloed van munte nie. Inteendeel, aan die Kaap
was daar altyd 'n tekort aan munte en gevolglik is baie van ruilhandel gebruik
gemaak in die transaksies wat deur die Kompanjie toegelaat is. Die VOC het
nooit daarin geslaag orn 'n standaardmunt vir hierdie gebied in werking te stel
nie. Wanneer Europese munte onttrek is en na die Ooste gestuur is, is die munte
in werklikheid fisies geknip of gekeep. Teen 1658 het die terme
"swaar" geld en "ligte" geld ontstaan; "ligte"
geknipte geld is teen tagtig persent van die Europese "swaar" waarde
vasgestel. Die Kaap, halfpad tussen die Ooste en Weste, het in beide waardes
handel gedryf. Amptenare is in "swaar" geld betaal, maar slawe
aankope van die Ooste is dikwels in "ligte" geld betaal, ook genoem
"Indiese valuasie". Knegte en
skoolmeesters is in “ligte” geld betaal. Die betaling van eiendom aan die Kaap het sonder
uitsondering tot 1795 slegs in gulden geskied.
Die Nederlandse geldstelsel
van stuiver, schelling en rijksdaalder of penning, stuiver en
gulden was in gebruik. Die basis van die Nederlandse muntstelsel, waarin
die waarde van alle munte uitgedruk is, was die stuiver, 'n
silwermuntjie, met die waarde van 'n Britse pennie.
Die Kompanjie het dus twee
geldstandaarde gehad. Die sogenaamde Kaapse "ligte" geld en die
Nederlandse "swaar" geld. Die Nederlandse gulden en riksdaalder was
onderskeidelik twintig en vyftig stuiwers werd terwyl die Kaapse gulden en
riksdaalder onderskeidelik sestien en agt en veertig stuiwers werd was. Die
Kaapse gulden en riksdaalder is nooit gemunt nie maar was slegs rekenmunte.
Bowendien, het baie munte gelyktydig verskillende waardes gehad.
Die VOC se boekhouding is in
reale gedoen maar elke keer na afsluiting is dit na gulden omgesit. Die reaal
was gelyk aan twee gulden en agt stuiwers oftewel 48 stuiwers. Die reaal is
eers in 1785 in die Kompanjie se boeke as rekenmunt deur die gulden vervang.
Die Kaapse riksdaalder, gelyk aan drie gulden of 48 stuiwers, is vanaf 1705 as
rekenmunt in die plaaslike rekeninge deur die VOC aanvaar.
Die loon van 'n matroos was
agt gulden en dié van 'n soldaat nege gulden. Die laksman het 24 gulden vir
elke teregstelling verdien. Vir die skiet van 'n leeu is ses Spaanse reaal
betaal.
NEDERLANDSE EN VOC MUNTE AAN DIE KAAP
INDIESE VALUASIE EN BRITSE
STERLING
Rds : sch : st : of ƒ : st : pnn : £. s. d. £. s. d.*
1705 tot 1806 1806
06
06 1825
8 duijten = 1 stuijver = 1d. [5/6c] ½d. [0.417c]
6 stuijvers = 1 schelling = 6d. [5c] 2¼d. [1.874c]
8 schellings = 1 rijksdaalder = 4s. 0d.
[40c] 1s. 6d. [15c]
48 stuijvers = 1 rijksdaalder = 4s. 0d. [40c] 1s. 6d.[15c]
1 rijksdaalder = 3 gulden =
4s. 0d. [40c] 1s. 6d.[15c]
16 penningen = 1
stuijver =
1d. [5/6c] ½d. [0.417c]
16 stuijvers = 1 gulden =
1s. 4d. [13⅓c] 6d. [5c]
1 Spaanse daalder = 60 stuijvers = 5s.
0d. [50c]
1 spaansche mat = 8 realen = 4s. 0d. [40c]
8 realen = 1 rijksdaalder = 4s. 0d.
[40c]
* Waardevermindering van Kaapse geld in 1825 met die wettiging van
Britse sterling was 62½ %.
OMSETTING VAN RIKSDAALDER NA GULDEN EN VIR
OPTEL VAN GELDKOLOMME
Soos vir ZAR word kolomme van regs na links opgetel en totale verdeel
soos hieronder en oorgedra na links. Byvoorbeeld: 280 stuivers is 5 rijksdaalders,
6 schellings and 4 stuivers en is geskryf as Rds: 5:6:4
Rds: sch: st: ƒ: st: pnn:
x3 ÷8 ÷6 ÷16
÷16
↓ ↑
Vir omsetting na gulden [ƒ]
Dutch: Gulden English: Guilder
Dutch: Rijksdaalder English: Rixdollar
Dutch: schelling, English: skilling
Dutch: stuiver, stuiwer, st(u)yver English: stiver
LENGTE EN
OPPERVLAK
Morg is ‘n Hollandse oppervlakmaat. ‘n Stuk grond wat in een môre (morgen)
geploeg kon word. Akker is ‘n Engelse oppervlakmaat. Nadat ‘n ploegvoor furrow
van ‘n agste myl (220 jaarts) geploeg is, moes die span osse eers rus. Dit was one
furrow long saamgetrek tot furlong, ‘n lengte wat vandag nog in
perderesies gebruik word. ‘n Furlong was 40
poles of roedes van 5½ jaarts elk. Die breedte van die akker was 4
roedes dws. 22 jaarts. Dus was ‘n akker 4840 vierkante jaarts of ongeveer ‘n
halwe morg. In Suid-Afrika was dit ‘n stuk ploegland wat as een stuk geploeg is
en tussen twee vore lê - in sommige streke, bv. in die Swartland, met ‘n
standaard grootte van 16 by 300 tree, dws 4 800 vk jaarts of ‘n halfmorg.
Die eerste plase wat aan die Kaap uitgegee is, was lang smal stukke
grond van 240 treë by 2 400 treë oftewel 60 by 600 Rynlandse roede dit wil sê
36 000 vierkant roede of 60 morg.
LENGTE
1 roede = 12
voet
1 jaart = 3
voet
1 voet = 0,3048
meter
1 jaart = 0,9144
meter
1 myl = 1
760 jaart
1 myl = 1,609344
km
1 duim = 25,4
mm
1 mm = 0,03937
duim
1 meter = 1,09361
jaart
1 km = 0,62137
myl
1 Hollandse roede = 4
jaarts
1 Engelse pole =
5½ jaarts
1 furlong =
40 poles
1 furlong =
220 jaarts
OPPERVLAK
1 vk roede =
144 vk voet
1 vk roede =
16 vk jaarts
1 morg =
600 vk roede
= 86
400 vk voet
= 9
600 vk jaart
= 8
026,8192 vk meter
= 0,856532
hektaar
1 acre =
220 jaarts x 22 jaarts
= 4 840 vk jaarts
= 0,504 167 morg
= 4 046,85468 vk meter
= 0,4047 hektaar
1 hektaar =
11 959,9 vk jaarts
= 1,167499 morg
=
10 000 vk meter
=
2,471 acres
1 vk jaart =
0,836 127 vk meter
1 vk meter =
1,195 990 vk jaart
1 vk voet =
0,092 9 vk meter
1 vk meter =
10,763 9 vk voet
INHOUDSMATE
Verskillende mate en gewigte is aan die Kaap gebruik en dit was nie
altyd duidelik wat gebruik is nie, byvoorbeeld Rynlandse, Amsterdamse of
Engelse mate. Byvoorbeeld ‘n legger, kon
enigiets van 563 liter tot 728 liter wees, volgens verskillende bronne.
1 mutsje = ¼ pint
8 mutsjes = 1 mengelen
1 mengelen = 2 pinte (1,137 liter)
4 mengelen = 1 vaan (1 gelling)
1 boesel (Engelse) = 1 skepel (Hollandse) (36,37 liter)
1 anker = 8
gelling (36,37 liter)
1 aam = 38 gelling (172,75142 liter)
4 aam = 1 legger
1 legger = 152 gelling (691,00568 liter)
8 lb. wyn = 1 gelling
1 pijp = 105 gelling (126 gellings wyn)
20 onse = 1 pint
8 pinte = 1
gelling
2 pinte = 1
kwart
1 ⅓ pint = 1 bottel (755,7874625 ml)
6 bottels = 6 x 1⅓ pint = 8 pinte = 1 gelling
1 bottel = 0,16666625 gelling
1 ons = 28,4130625 ml
1 pint = 568,26125 ml
1 gelling = 4,54609 liter
1 liter = 1,75976 pint
1 liter =
0,219969 gelling
MASSA
1 pond = 0,45359237
kilogram
1 kilogram = 2,20462 pond
1 mudsak koring = 203 lb. (sak weeg 3 pond) = 92,0792511
kilogram
No comments:
Post a Comment